Ek het vandag op twee merkwaardige links afgekom. Die eerste was `n webtuiste wat beweer dat die music video van Lady Gaga se “Bad Romance” neerkom op `n versameling okulte rituele. Hierdie ou het sekerlik ure bestee aan hierdie sogenaamde analise waar hy letterlik alles van songode tot bokkoppe agter die bos uitskop.
Dit is nou die einste manier van dink wat geopenbaar was toe daar mense by my huis in Uniondale opgedaag het en aangedring het dat my Ninja Turtles en my susters se Care Bears in die vuur gegooi moet word aangesien hierdie gemaak is om met jou kinderkop te gool. Hierdie is ook dieselfde stel mense wat jou aangegeluur het as jy daai Stüssy hemp met die ag-bal gedra het. Dieselfde groep mense het ook tot Liewe Heksie se ondergang gelei en gekla oor Harry Potter.
Selfs al is dit hoe diabolies wie is die persone wat juis die ergste eur sulke sogenaamde onheilig simboliek vasgevang word? Dit is juis dié rusiestokers en klagatte. Dit laat my baie dink aan die Dominee in André. P. Brink se Oom Kooitjie Emmer wat `n groot versameling verbode literatuur in sy lessenaar gehad het. Dit is natuurlik nie vir sy eie gebruik nie, maar slegs dat hy die uitdagings wat die deursnee gemeentelid in die gesig staar kan gade slaan en bewus wees daarvan.
Friday, February 26, 2010
Merkwaardige Links
Die tweede link praat van `n nuwe trend wat glo begin vlam vat in Amerika. Dit word vajazzling genoem en is na my opinie heeltemal verregaande, maar soos met die meeste Suid-Afrikaanse musiek kan ek wel insien dat daar mense is wat daarvan gaan hou. Vajazzling behels die plak van juwele of kristalle op die - hoe kan ek nou stel – vroulike skaamdele. Die rede omdat dit mag werk is dat dit twee goeters gelyk doen. Dit kos geld en dit vestig nog meer aandag op die vajizzle. Dit sal dus waardeer word deur die tipe meisie wat Terrace toe gaan, met `n mini skirt wat so eina is dat jy al lankal haar naam en van ken nog voor julle ontmoet het, en dan vieruur die oggend voor my venster op haar boyfriend skreeu omdat hy te arm is om vir haar `n cheeseburger te koop.
Monday, February 15, 2010
Busry 101
Ek het vandag twee ure in die kar verkwansel. Verkwansel is die regte woord aangesien ek die tyd ingeboet het om `n luilekker naweek op die Weskus te verruil vir die rondslomp van die werksweek. Om in die kar te klim met `n eindbestemming in gedagte is egter nie altyd so `n bedroewige storie nie. Die wat die reis al na Mosambiek meegemaak het sal byvoorbeeld weet dat die twee dae se reis `n absolute winskoop is. Dieselfde geld vir die pad na die Oranjerivier waar alledaagse bedroewighede verruil word vir `n situasie waar die enigste probleem die temperatuur van jou bier is. Reis se nutswaarde is dus meer `n kwessie van waarheen jy gaan en waarvoor as enige iets anders.
Dit gesê is dit ook so dat daar sekere maniere is om `n reis te vergemaklik ongeag van waarheen `n mens mag gaan. Vir die reisiger is daar geen beter leerskool as busry nie. Busvaart is stadiger as enige iets anders en die hoeveelheid mens per vierkante meter dien as goeie herinnering dat enige iets weelderigs eintlik `n weergawe is van persoonlike spasie. Ongeag van enige herkoms of wie jy is, busry is en bly die groot leveler – almal lewe ewe ongemaklik. Vir die met genoeg ervaring of wie die artikel lees is daar egter maniere na busry Nirvana of ten minste `n paar plekke hoër in Maslow se hïerargie op te eindig.
By voorbaat wil ek stel dat hierdie handige reisraad nie `n aanduiding is van my karakter nie. Dit is survival of the fittest. Plein en simpel.
Die eerste probleem wat jy het is om jou lift ordentlik te groet maar ook `n goeie sitplek te bekom. Hierdie is moeilik, maar kan gedoen word deurmiddel van jou tydskrifte neer te sit op jou sitplek of op twee sitplekke langs mekaar as dit moontlik is. Dit maak `n statement wat vergelykbaar is met `n hond wat teen `n boom pie. Dit los jou met genoeg tyd om jou buddy wat jou afgelaai het te groet terwyl die ander se bagasie gelaai word.
As ek jy enige iets uit hierdie artikel neem onthou die volgende: Die keuse van sitplek is van kardinale belang. Soos `n reisgenoot van my stel: “Om agter te sit was cool op skool, maar nie as jy langafstand travel nie. Dis time consuming om in en uit te klim en agter stink die meeste en kakste view.” Om voor te gaan sit is ook die ultimate rookie error, as dit dag is kan jy alles sien, maar as dit donker is en die ander padverbruikers sit hulle ligte aan dan kan jy slaap op jou maag skryf. Dit is ook so dat sommige mense meer spasie op vat as ander, neem dit in ag.
So gepraat van spasie daar is sekere maniere om dit wat jou toekom terug te kry of te behou. Ek verwys na mede-passasiers wat jou spasie wil steel. Dit is dus belangrik om so vinnig as moontlik jou voet neer te sit. Sodra die persoon langs jou oorhang in jou spasie en al hoe meer teen jou begin lê wys vir hom dat jy dit wel agterkom met `n taktiese jab met die elmboog in die kortrib. Maak seker dat dit gepaard gaan met iets in die pad soos `n vinnige stop of ongelyke pad sodat dit nie direk op jou gepen kan word nie. Jy sal sien dat die spasie weereens joune is en dat die strategie se effek meer blywend is as om mooi te vra.
Daai kopverkoue-gevoel wat jy kry na `n lang busrit is te wyte aan die lugverkoeling. Wees slim en koop `n bottel Sterimar neussproei. `n Goedkoper uitweg is om saline solution aan te skaf en dit te gebruik. Werk soos `n bom.
`n IPod is uit die aard van die saak ook baie belangrik. Om sonder dit `n busrit aan te pak is omtrent so gevaarlik soos om te soldeer sonder daai maskers. Vra vir my. Ek het lank gewonder hoekom ek nogal goed is in Noot Vir Noot sonder om eintlik daai tipe musiek te luister. Na baie introspeksie het ek slegs Interkaap in samewerking met Kfm om daarvoor te blameer.
Hierdie lys is saamgestel in “trotse samewerking” met Albert Retief. Van publieke vervoer kan jy hom niks vertel nie aangesien die man Suidelike Afrika te trok, trein, bus en rikshaw aangepak het. Kyk gerus sy blog uit by albertretief.blogspot.com
Enige kommentaar sal waardeer word.
Enige kommentaar sal waardeer word.
Thursday, February 11, 2010
Glanspersoonlikhede en Hoekom Ons Daarvan Hou om Hulle te Sien Val
Enige Afrikaans-sprekende persoon, Blou Bul ondersteuner of de not, sou tien teen een `n opinie gehad het oor die identiteit van die cat-snuifende hoerjaer tydens die onlangse seksvideo-skandaal. Selfs al stel jy nie belang in golf nie sou jy ten minste al gegrynslag het oor een of ander dubbelsinnige grappie oor Tiger Woods se buitensporige buite-egtelike aktiwiteite. Selfs al blaai jy aspris die Mense-en-hul-Dinge afdeling van die Huisgenoot mis tydens `n tydelike bestyging van die troon sal jy weet wie Paris Hilton is en dat infrarooi snaaks genoeg gebruik word om groen videos mee te vervaardig.
Die punt wat ek probeer maak is dat ons almal weet wie die bogenoemde sterre is en wat hulle aangejaag het. Die vraag wat ek egter vra is hoekom is dit so en waarom is glanspersoonlikhede se doene en late buite die sportveld of van die verhoog so belangrik? Dit is mos nie asof dit ons direk beïnvloed nie.
Hierdie is natuurlik `n wêreldwye fenomeen. Hello en National Enquirer is in England en Amerika net so gewild soos ons geliefde Huisgenoot. Heat Magazine is ook `n Suid-Afrikaanse gunsteling en word in verskeie aangepaste weergawes op `n internasionale basis verkoop. Aangesien die oormatige navolg van glanspersoonlikhede nie net `n Suid-Afrikaanse probleem is nie kan ons met sekerheid vas stel dat dit nie apartheid se skuld is nie.
Na wat ek kan aflei uit gesprekke met mense met `n aktiewe belangstelling in glanspersoonlikhede gaan dit oor die feilbaarheid wat hierdie mense ten toon stel. Paris se video-ekskepades kom dus met die ingeboude boodskap dat alhoewel sy meer geld gaan erf as wat baie lande se bruto binnelandse produk is kan sy ook soms haar videos versit. Tiger se huweliksprobleme toon dat ten spyte van bomenslike talent die negetiende gaatjie nie al versoeking is nie. Joost se petalje wys ons dat ten spyte van uitstaande diens aan Suid-Afrikaanse rugby `n man soms die nommer-een reel vergeet en jou sokkies aanhou. Hierdie is dus verskillende weergawes van dieselfde boodskap - dat mense feilbaar kan wees.
Hoeveel keer wil jy egter hierdie self-evident truth hoor. Een keer is mos meer as genoeg en twee keer behoort die boodskap klinklaar deur te kry. Die bogenoemde verduideliking is dus nie voldoende nie. Ek voer aan dat die rede vir die smagting na glanspersoon-skandaal meer breedvoerig verduidelik kan word deur die idee van schadenfreude. Schadenfreude is die Duitse benaming vir die sielkundige verskynsel waar ons lag vir Sport Bloopers of die meeste van die goed op America`s Funniest Home Videos. Dit is daai gevoel van verligting wat `n mense kry as ander so bietjie op hulle moer kry. Jy mag aanvoer dat dit nie met jou gebeur nie, maar vir glanspersoon-skandaal junkies is dit myns insiens die geval. Waar celebrities betrokke is, is dit egter so dat die hit soveel harder en langer is aangesien hoër bome harder val.
Gys Hough voel dat die Metrorail tussen Kaapstad en Stellenbosch te vol was vandag en dat R30-toegang by Springboks heeltemal insane is.

Sunday, September 20, 2009
`n Large Opsie Twee Asseblief
Toe ek elf was, was daar so `n program op TV genaamd Arli$$. Daar was twee tipes bekoring aan Arli$$. Eerstens was dit een van die min elfuur programme waar daar gereeld `n paar borste te siene was. Tweedens was dit een van die eerste agter-die-skerms programme, soos Entourage, wat jou die werk en die mense agter al die geld van `n gewilde bedryf gewys het. Arliss was `n agent in die sportbedryf en hy het heel duidelik op daai deel van sy kop geval wat sy morele kompas gehuisves het. As jy perdsteroids by die veearts wou hê en te skaam was om te vra of fotos van jou by `n Mexican donkey show uit die koerant wou hou dan kon jy jou sterre dank dat Arliss jou agent is.
Ten spyte van al sy tekortkominge het Arliss egter iets gesê wat my altyd sal bybly. Hy het gestel dat as jy twee probleme het dan is dit gewoonlik so dat die een die ander se oplossing is. Wat jy moet doen as jy `n onewe getal probleme het weet ek nie, want ses probleme is nou ewe skielik beter as vyf, maar ek dink Arliss se raad is nog steeds geldig en nie net vir probleme nie, maar gedagtes ook.
Daar is nou al die afgelope paar jaar twee gedagtes wat beurtelings aan my karring en dit mag wees dat die een die ander se antwoord is. Die een gaan oor gerigte dat gewone voorwerpe siele kan huisves en die ander handel oor `n baie slim perd genaamd Hans. Die gebruik van die woord siel mag dalk die verkeerde reaksies uitlok so laat ek my aan die hand van `n storie of twee verduidelik voor ek ala Oubaas heilige koeie uit die sloot grawe.
Jy onthou of weet seker van James Dean? Hy is die oorspronklike Rebel Without a Cause, die ikoniese filmster van die vyftigerjare. Dit is om en by verpligtend om `n foto van hom met die lang jas en die sigaret wat uit sy mond uithang op jou muur te hang in jou eerste woonstel en Alan-Grey het `n baie aangename advertensie oor hom gemaak. Glad nie sleg vir `n vier en twintig jarige met slegs een gesigsuitdrukking nie. James Dean se prestasies ter syde gestel, ek wil meer oor die kar praat met wie se hulp hy die tydelike vir die ewige verruil het en veral oor gerigte dat die Porsche 550 Spyder genaamd Little Bastard `n werklike bastard was in sy eie reg.
Little Bastard was glo uit die staanspoor uit `n bietjie van `n kalant. Selfs die Spyder se voorkoms was glo volgens `n kennis van Dean beskryf as sinister en hy het die volgende profetiese woorde gespreek: "If you get in that car, you will be found dead in it by this time next week." `n Week later het Dean verongeluk oppad na `n resies toe. Alhoewel dit die einde van Dean en die begin van `n legende was sou Little Bastard ook seker maak dat vergeteldheid nie deel sou vorm van sy lot nie. Die wrak sou later van `n sleepwa afgly en `n motorwerktuigkundige se been breek. Een van die twee dokters wat parte gestroop het van die kar is oorlede in `n ongeluk terwyl die ander erg beseer is. Twee boewe is ook ernstig beseer terwyl hulle die kar se oorblywende parte wou steel. Nadat die kar se bande gelyktydig opgeblaas het en nog `n ongeluk veroorsaak het, het die eienaar, ene George Barris, die wrak oorhandig aan die Californian Highway Patrol vir `n veiligheidstentoostelling. Die tenstoonstelling het egter min aandag gelok tot en met die pakhuis wat die wrak geberg het aan die brand geslaan het. Little Bastard het egter ongedeerd uit die vuur ontsnap. By `n ander tentoonstelling by `n skool het die kar geval op `n student en sy heup gebreek. Tydens die vervoer van die wrak het `n trokbestuurder ook kontrole verloor oor die trok en die bestuurder is dood nadat Little Bastard bo op hom geval het. Wat oor was van die Porsche is terugbesorg aan Barris en die wrak het toe onder vreemde omstandighede verdwyn. Of al hierdie gegewens waar is sal ek nie weet nie, maar as selfs die helfte waar is dan kan daar nog steeds gestel word dat Little Bastard `n baie gepaste naam was vir die vermetele kar.
Die lede van die Hawaii Volcanoes National Park is ook goed gatvol vir die oneindige invloei van pakkies wat slegs klippe, sand en seeskulpe bevat. Die pakkies gaan gewoonlik met met `n nota gepaard wat stel dat die sender oneindig jammer is oor dat hulle die skulpe gevat het as aandenking en dat die mense van die parkeraad asseblief die inhoud moet terugbesorg na die eiland aangesien slegte geluk die besoekers oorval het. Die legende is dat die godin van die vulkaan, genaamd Pele, die klippe, sand en skulpe sien as haar kinders en dus sorg dat dit naby haar op die eiland bly. Pele se wraak sluit siektes, huise wat afbrand en werksverlies in. Timothy Murray is een so `n slagoffer wat na `n besoek aan die park sy troeteldier aan die dood afgestaan het en sy verloofde verloor het. Die FBI het om ook gevang vir kopiereg inbraak. Dit alles vir slegs `n bottel vol van die swart vulkaniese sand.
Die lot van Dean en Murray is albei gekoppel aan voorwerpe wat op die oog af heel onskuldig lyk, maar uiteindelik lei tot hulle ondergang. Alle voorwerpe is egter nie so sinistêr nie. Daar bestaan baie gevalle van vissermanne se vrouens wat hul mans se verlore trouringe vind in die maag van visse wat hulle gevang het in die einste viswaters waar hulle dit jare gelede verloor het. Hierdie drie staaltjies mag of mag dalk nie as bewyse dien van die siel wat dalk bestaan in voorwerpe nie, maar die snaakse manier hoe dit ontwyk van dit wat as normaal beskou word maak die bestaan van `n siel binne alledaagse voorwerpe die mees voor die hand liggende verduideliking.
Ten spyte van al sy tekortkominge het Arliss egter iets gesê wat my altyd sal bybly. Hy het gestel dat as jy twee probleme het dan is dit gewoonlik so dat die een die ander se oplossing is. Wat jy moet doen as jy `n onewe getal probleme het weet ek nie, want ses probleme is nou ewe skielik beter as vyf, maar ek dink Arliss se raad is nog steeds geldig en nie net vir probleme nie, maar gedagtes ook.
Daar is nou al die afgelope paar jaar twee gedagtes wat beurtelings aan my karring en dit mag wees dat die een die ander se antwoord is. Die een gaan oor gerigte dat gewone voorwerpe siele kan huisves en die ander handel oor `n baie slim perd genaamd Hans. Die gebruik van die woord siel mag dalk die verkeerde reaksies uitlok so laat ek my aan die hand van `n storie of twee verduidelik voor ek ala Oubaas heilige koeie uit die sloot grawe.
Jy onthou of weet seker van James Dean? Hy is die oorspronklike Rebel Without a Cause, die ikoniese filmster van die vyftigerjare. Dit is om en by verpligtend om `n foto van hom met die lang jas en die sigaret wat uit sy mond uithang op jou muur te hang in jou eerste woonstel en Alan-Grey het `n baie aangename advertensie oor hom gemaak. Glad nie sleg vir `n vier en twintig jarige met slegs een gesigsuitdrukking nie. James Dean se prestasies ter syde gestel, ek wil meer oor die kar praat met wie se hulp hy die tydelike vir die ewige verruil het en veral oor gerigte dat die Porsche 550 Spyder genaamd Little Bastard `n werklike bastard was in sy eie reg.Little Bastard was glo uit die staanspoor uit `n bietjie van `n kalant. Selfs die Spyder se voorkoms was glo volgens `n kennis van Dean beskryf as sinister en hy het die volgende profetiese woorde gespreek: "If you get in that car, you will be found dead in it by this time next week." `n Week later het Dean verongeluk oppad na `n resies toe. Alhoewel dit die einde van Dean en die begin van `n legende was sou Little Bastard ook seker maak dat vergeteldheid nie deel sou vorm van sy lot nie. Die wrak sou later van `n sleepwa afgly en `n motorwerktuigkundige se been breek. Een van die twee dokters wat parte gestroop het van die kar is oorlede in `n ongeluk terwyl die ander erg beseer is. Twee boewe is ook ernstig beseer terwyl hulle die kar se oorblywende parte wou steel. Nadat die kar se bande gelyktydig opgeblaas het en nog `n ongeluk veroorsaak het, het die eienaar, ene George Barris, die wrak oorhandig aan die Californian Highway Patrol vir `n veiligheidstentoostelling. Die tenstoonstelling het egter min aandag gelok tot en met die pakhuis wat die wrak geberg het aan die brand geslaan het. Little Bastard het egter ongedeerd uit die vuur ontsnap. By `n ander tentoonstelling by `n skool het die kar geval op `n student en sy heup gebreek. Tydens die vervoer van die wrak het `n trokbestuurder ook kontrole verloor oor die trok en die bestuurder is dood nadat Little Bastard bo op hom geval het. Wat oor was van die Porsche is terugbesorg aan Barris en die wrak het toe onder vreemde omstandighede verdwyn. Of al hierdie gegewens waar is sal ek nie weet nie, maar as selfs die helfte waar is dan kan daar nog steeds gestel word dat Little Bastard `n baie gepaste naam was vir die vermetele kar.
Die lede van die Hawaii Volcanoes National Park is ook goed gatvol vir die oneindige invloei van pakkies wat slegs klippe, sand en seeskulpe bevat. Die pakkies gaan gewoonlik met met `n nota gepaard wat stel dat die sender oneindig jammer is oor dat hulle die skulpe gevat het as aandenking en dat die mense van die parkeraad asseblief die inhoud moet terugbesorg na die eiland aangesien slegte geluk die besoekers oorval het. Die legende is dat die godin van die vulkaan, genaamd Pele, die klippe, sand en skulpe sien as haar kinders en dus sorg dat dit naby haar op die eiland bly. Pele se wraak sluit siektes, huise wat afbrand en werksverlies in. Timothy Murray is een so `n slagoffer wat na `n besoek aan die park sy troeteldier aan die dood afgestaan het en sy verloofde verloor het. Die FBI het om ook gevang vir kopiereg inbraak. Dit alles vir slegs `n bottel vol van die swart vulkaniese sand.
Die lot van Dean en Murray is albei gekoppel aan voorwerpe wat op die oog af heel onskuldig lyk, maar uiteindelik lei tot hulle ondergang. Alle voorwerpe is egter nie so sinistêr nie. Daar bestaan baie gevalle van vissermanne se vrouens wat hul mans se verlore trouringe vind in die maag van visse wat hulle gevang het in die einste viswaters waar hulle dit jare gelede verloor het. Hierdie drie staaltjies mag of mag dalk nie as bewyse dien van die siel wat dalk bestaan in voorwerpe nie, maar die snaakse manier hoe dit ontwyk van dit wat as normaal beskou word maak die bestaan van `n siel binne alledaagse voorwerpe die mees voor die hand liggende verduideliking.

Die ander gedagte wat elke dan en wan by my spook is die van die perd genaamd Hans oftewel Clever Hans. Hans en sy eienaar, `n Duitser genaamd Wilhelm von Osten, het tydens die begin van die vorige eeu opskudding gemaak en selfs op The New York Times se voorblad gepronk. Von Osten het geglo dat diere kon wiskunde doen en na onsuksesvolle pogings met `n kat en `n beer is daar gevind dat Hans by verre die grootste potensiaal getoon het. Deur die antwoorde van basiese wiskundige vra met die stamp van sy hoef aan te dui het Hans soveel aandag ontlok dat daar selfs `n Hans Commission gestig is. Na `n stel toetse het die onpaar groep wat twee skoolonderwysers, `n sirkusbestuurder, twee dierkundiges, `n sielkundige en `n perde - afrigter ingesluit het besluit dat daar nie iets onpluis is met Hans se wiskundige vermoë, wat vergelykbaar was met `n destydse veertienjarige s`n nie.
`n Sielkundige genaamd Oscar Pfungst het egter ander idees gehad en na `n stel toetse het hy bepaal dat Hans nie juis baie beter was in wiskunde as enige ander perd nie. Die ding is dat perde, nes ons, pakdiere is en dus `n vorm is van sosiale intelligensie het. Een van die onderdele van sosiale intelligensie is die vermoë om liggaamstaal te interpreteer en dit is presies wat Hans gedoen het. Hy sou aandagtig kyk na sy vraagsteller soos hy sy hoef gestamp het en sodra hy op die regte antwoord gekom het sou klein verskille in die vraagsteller se liggaamstaal opgemerk word en Hans sou op `n baie aweregse manier op die regte antwoord kom. Hans se akkuraatheid het dus dramaties afgeneem as die vraagsteller nie die antwoord geken het nie of as hy buite Hans se veld van sig was.
Von Osten wou nie die verduidliking glo nie en het tot Hans se dood Duitsland plat getoer. Hans lewe egter nog steeds vort asgevolg van `n denkfout wat na hom vernoem is. Die Clever Hans denkfout stel dat mense geneig is om intelligensie aan iets toe te skryf nie op grond van werklike intelligensie nie, maar omdat dit handelinge uitvoer wat intelligent voorkom. Dit is een van die gevalle where it walks like a duck it talks like a duck but then again it`s not a fucking duck. Hier kom die twee gedagtes nou bymekaar en los mekaar op. Ons is geneig om intelligensie of `n siel aan karre, visse, en lawa klippe toe te ken, want allerlei gegewens gebeur waarin hulle betrokke is wat dit laat blyk asof hulle wel planne in die mou voer. Dit vorm deel van ons hunkering na geloofwaardige stories soos ons probeer sin maak van gebeure, selfs al sluit dit die bonatuurlike in. Maar soos die prokureur in Lipstick Dipstick se: "Looks can be very deceiving." Mense gaan ongelukkig dood in karongelukke, veral as hulle op onveilige bane in motorwedrenne jaag. Murray se lot het dalk meer te doen met die feit dat hy graag goeters vat wat nie aan hom behoort nie en minder te doen met Pele. Trouringe mag soms terugkom. Veral as jy `n beroepsvisserman is, want in jou geval is daar baie visse in die see, maar ook net soveel visse in die see aangesien jy jaar in jaar uit met dieselfde aas op dieselfde plek visvang.
Hierdie los ons met twee maniere om na dieselfde werklikheid te kyk. Die een is die koue werklikheid waar alles verloop soos dit doen vir `n baie spesifieke en nougesette stel redes. Die ander is ietwat meer vermaaklik waar karre dalk meer wil hê as `n deluxe valet elke tweede Saterdag, waar Pele jou goed op jou moer gaan gee as jy haar goete steel en waar visse gaaf genoeg is om hul lewens op te offer sodat vroulief minder skietgoed kan hê tydens die volgende argument. Ek verkies die tweede opsie, want soos een van my vriende op die rookbankies in Huis Visser gestel het: "Gys, die lewe is maar vervelig. Dis jou verantwoordelikheid om dit interessant te maak."
Subscribe to:
Posts (Atom)