Monday, October 11, 2010

`n Large Opsie Twee Asseblief

Ek blog nou al vir meer as `n jaar. Hierdie was my eerste poging gewees. Ek dog ek deel dit weer.


Toe ek elf was, was daar so `n program op TV genaamd Arli$$. Daar was twee tipes bekoring aan Arli$$. Eerstens was dit een van die min elfuur programme waar daar gereeld `n paar borste te siene was. Tweedens was dit een van die eerste agter-die-skerms programme, soos Entourage, wat jou die werk en die mense agter al die geld van `n gewilde bedryf gewys het. Arliss was `n agent in die sportbedryf en hy het heel duidelik op daai deel van sy kop geval wat sy morele kompas gehuisves het. As jy perdsteroids by die veearts wou hê en te skaam was om te vra of fotos van jou by `n Mexican donkey show uit die koerant wou hou dan kon jy jou sterre dank dat Arliss jou agent is.


Ten spyte van al sy tekortkominge het Arliss egter iets gesê wat my altyd sal bybly. Hy het gestel dat as jy twee probleme het dan is dit gewoonlik so dat die een die ander se oplossing is. Wat jy moet doen as jy `n onewe getal probleme het weet ek nie, want ses probleme is nou ewe skielik beter as vyf, maar ek dink Arliss se raad is nog steeds geldig en nie net vir probleme nie, maar gedagtes ook.

Daar is nou al die afgelope paar jaar twee gedagtes wat beurtelings aan my karring en dit mag wees dat die een die ander se antwoord is. Die een gaan oor gerigte dat gewone voorwerpe siele kan huisves en die ander handel oor `n baie slim perd genaamd Hans. Die gebruik van die woord siel mag dalk die verkeerde reaksies uitlok so laat ek my aan die hand van `n storie of twee verduidelik voor ek ala Oubaas heilige koeie uit die sloot grawe.

Jy onthou of weet seker van James Dean? Hy is die oorspronklike Rebel Without a Cause, die ikoniese filmster van die vyftigerjare. Dit is om en by verpligtend om `n foto van hom met die lang jas en die sigaret wat uit sy mond uithang op jou muur te hang in jou eerste woonstel en Alan-Grey het `n baie aangename advertensie oor hom gemaak. Glad nie sleg vir `n vier en twintig jarige met slegs een gesigsuitdrukking nie. James Dean se prestasies ter syde gestel, ek wil meer oor die kar praat met wie se hulp hy die tydelike vir die ewige verruil het en veral oor gerigte dat die Porsche 550 Spyder genaamd Little Bastard `n werklike bastard was in sy eie reg.

Little Bastard was glo uit die staanspoor uit `n bietjie van `n kalant. Selfs die Spyder se voorkoms was glo volgens `n kennis van Dean beskryf as sinister en hy het die volgende profetiese woorde gespreek: "If you get in that car, you will be found dead in it by this time next week." `n Week later het Dean verongeluk oppad na `n resies toe. Alhoewel dit die einde van Dean en die begin van `n legende was sou Little Bastard ook seker maak dat vergeteldheid nie deel sou vorm van sy lot nie. Die wrak sou later van `n sleepwa afgly en `n motorwerktuigkundige se been breek. Een van die twee dokters wat parte gestroop het van die kar is oorlede in `n ongeluk terwyl die ander erg beseer is. Twee boewe is ook ernstig beseer terwyl hulle die kar se oorblywende parte wou steel. Nadat die kar se bande gelyktydig opgeblaas het en nog `n ongeluk veroorsaak het, het die eienaar, ene George Barris, die wrak oorhandig aan die Californian Highway Patrol vir `n veiligheidstentoostelling. Die tenstoonstelling het egter min aandag gelok tot en met die pakhuis wat die wrak geberg het aan die brand geslaan het. Little Bastard het egter ongedeerd uit die vuur ontsnap. By `n ander tentoonstelling by `n skool het die kar geval op `n student en sy heup gebreek. Tydens die vervoer van die wrak het `n trokbestuurder ook kontrole verloor oor die trok en die bestuurder is dood nadat Little Bastard bo op hom geval het. Wat oor was van die Porsche is terugbesorg aan Barris en die wrak het toe onder vreemde omstandighede verdwyn. Of al hierdie gegewens waar is sal ek nie weet nie, maar as selfs die helfte waar is dan kan daar nog steeds gestel word dat Little Bastard `n baie gepaste naam was vir die vermetele kar.

Die lede van die Hawaii Volcanoes National Park is ook goed gatvol vir die oneindige invloei van pakkies wat slegs klippe, sand en seeskulpe bevat. Die pakkies gaan gewoonlik met met `n nota gepaard wat stel dat die sender oneindig jammer is oor dat hulle die skulpe gevat het as aandenking en dat die mense van die parkeraad asseblief die inhoud moet terugbesorg na die eiland aangesien slegte geluk die besoekers oorval het. Die legende is dat die godin van die vulkaan, genaamd Pele, die klippe, sand en skulpe sien as haar kinders en dus sorg dat dit naby haar op die eiland bly. Pele se wraak sluit siektes, huise wat afbrand en werksverlies in. Timothy Murray is een so `n slagoffer wat na `n besoek aan die park sy troeteldier aan die dood afgestaan het en sy verloofde verloor het. Die FBI het om ook gevang vir kopiereg inbraak. Dit alles vir slegs `n bottel vol van die swart vulkaniese sand.

Die lot van Dean en Murray is albei gekoppel aan voorwerpe wat op die oog af heel onskuldig lyk, maar uiteindelik lei tot hulle ondergang. Alle voorwerpe is egter nie so sinistêr nie. Daar bestaan baie gevalle van vissermanne se vrouens wat hul mans se verlore trouringe vind in die maag van visse wat hulle gevang het in die einste viswaters waar hulle dit jare gelede verloor het. Hierdie drie staaltjies mag of mag dalk nie as bewyse dien van die siel wat dalk bestaan in voorwerpe nie, maar die snaakse manier hoe dit ontwyk van dit wat as normaal beskou word maak die bestaan van `n siel binne alledaagse voorwerpe die mees voor die hand liggende verduideliking.


Die ander gedagte wat elke dan en wan by my spook is die van die perd genaamd Hans oftewel Clever Hans. Hans en sy eienaar, `n Duitser genaamd Wilhelm von Osten, het tydens die begin van die vorige eeu opskudding gemaak en selfs op The New York Times se voorblad gepronk. Von Osten het geglo dat diere kon wiskunde doen en na onsuksesvolle pogings met `n kat en `n beer is daar gevind dat Hans by verre die grootste potensiaal getoon het. Deur die antwoorde van basiese wiskundige vra met die stamp van sy hoef aan te dui het Hans soveel aandag ontlok dat daar selfs `n Hans Commission gestig is. Na `n stel toetse het die onpaar groep wat twee skoolonderwysers, `n sirkusbestuurder, twee dierkundiges, `n sielkundige en `n perde - afrigter ingesluit het besluit dat daar nie iets onpluis is met Hans se wiskundige vermoë, wat vergelykbaar was met `n destydse veertienjarige s`n nie.

`n Sielkundige genaamd Oscar Pfungst het egter ander idees gehad en na `n stel toetse het hy bepaal dat Hans nie juis baie beter was in wiskunde as enige ander perd nie. Die ding is dat perde, nes ons, pakdiere is en dus `n vorm is van sosiale intelligensie het. Een van die onderdele van sosiale intelligensie is die vermoë om liggaamstaal te interpreteer en dit is presies wat Hans gedoen het. Hy sou aandagtig kyk na sy vraagsteller soos hy sy hoef gestamp het en sodra hy op die regte antwoord gekom het sou klein verskille in die vraagsteller se liggaamstaal opgemerk word en Hans sou op `n baie aweregse manier op die regte antwoord kom. Hans se akkuraatheid het dus dramaties afgeneem as die vraagsteller nie die antwoord geken het nie of as hy buite Hans se veld van sig was.

Von Osten wou nie die verduidliking glo nie en het tot Hans se dood Duitsland plat getoer. Hans lewe egter nog steeds vort asgevolg van `n denkfout wat na hom vernoem is. Die Clever Hans denkfout stel dat mense geneig is om intelligensie aan iets toe te skryf nie op grond van werklike intelligensie nie, maar omdat dit handelinge uitvoer wat intelligent voorkom. Dit is een van die gevalle where it walks like a duck it talks like a duck but then again it`s not a fucking duck. Hier kom die twee gedagtes nou bymekaar en los mekaar op. Ons is geneig om intelligensie of `n siel aan karre, visse, en lawa klippe toe te ken, want allerlei gegewens gebeur waarin hulle betrokke is wat dit laat blyk asof hulle wel planne in die mou voer. Dit vorm deel van ons hunkering na geloofwaardige stories soos ons probeer sin maak van gebeure, selfs al sluit dit die bonatuurlike in. Maar soos die prokureur in Lipstick Dipstick se: "Looks can be very deceiving." Mense gaan ongelukkig dood in karongelukke, veral as hulle op onveilige bane in motorwedrenne jaag. Murray se lot het dalk meer te doen met die feit dat hy graag goeters vat wat nie aan hom behoort nie en minder te doen met Pele. Trouringe mag soms terugkom. Veral as jy `n beroepsvisserman is, want in jou geval is daar baie visse in die see, maar ook net soveel visse in die see aangesien jy jaar in jaar uit met dieselfde aas op dieselfde plek visvang.

Hierdie los ons met twee maniere om na dieselfde werklikheid te kyk. Die een is die koue werklikheid waar alles verloop soos dit doen vir `n baie spesifieke en nougesette stel redes. Die ander is ietwat meer vermaaklik waar karre dalk meer wil hê as `n deluxe valet elke tweede Saterdag, waar Pele jou goed op jou moer gaan gee as jy haar goete steel en waar visse gaaf genoeg is om hul lewens op te offer sodat vroulief minder skietgoed kan hê tydens die volgende argument. Ek verkies die tweede opsie, want soos een van my vriende op die rookbankies in Huis Visser gestel het: "Gys, die lewe is maar vervelig. Dis jou verantwoordelikheid om dit interessant te maak."

Wednesday, October 6, 2010

Werksoek en Vrousoek se Gemene Deler

Op die oomblik is ek besig om die ou CV af te stof en te soek na werk. In die huidige werksklimaat is dit seker nie die maklikste ding ooit nie, maar dit was nog nooit aangenaam om die werksplek te betree nie. Natuurlik het die studies sy eie frustrasies en tye van angstigheid, maar ek sukkel om afstand te doen van die vorige “division of labour” waar die familie hoofsaaklik vir my sorg en ek net verantwoordelik is vir my sakgeld en om nie `n vak te sleep nie.
        Ek probeer dink aan redes waarom dit so moeilik kan wees. My eerste teorie was dat daar nie `n “right of passage,” soos by `n doop of gradeplegtigheid betrokke is nie. Daarmee bedoel ek een of ander ritueel of amptelike samesyn waar daar gestel word jy gaan nou die werksplek betree en al jou vriende en familie wens jou die beste toe met jou soeke na werk nie. Soos ons egter baie weet is daar baie persoonlike mylpale wat gehaal word sonder jou vriende en familie wat jou aanpor. (Om die waarheid te sê sal dit nogal baie onaangenaam wees as jou vriende en familie jou tydens sommige mylpale aangepor het).
        My tweede teorie was dat daar nou `n groot hoeveelheid verantwoordelikheid op jou skouers geplaas word. Jy moet dalk verhuis. Jy hoop die mense by die werk hou van jou en belasting, versekering en karpaaiemente is moeilik om by te bring. Dit is egter nie onmoontlik om te doen nie. As die geslagte voor jou wilde diere moes afweer en diere met hulle eie hande moes doodmaak so kan jy met baie groter gemak na jou eie bas kyk. Dis in jou gene tjom.
Funky hoed
        My derde teorie is egter die een wat by verre die waterdigtse is. Dit behels egter `n bietjie verduideliking. Daar was so program om VH1 gewees genaamd The Pick-Up Artist. Die program het gehandel oor hoe om meisies op te tel. Daar was egter nie veel om te leer nie aangesien die aanbieder, Mystery, die gebruik van funky hoede en redelike dumbass comments goedgepraat het. So, vir die meeste van die program het `n mens dieselfde raad gekry as wanneer jy sou gevra het hoe om gedonder te word in `n kroeg.
       Mystery het egter `n interessante idee gehad wat in my kop vasgesteek het. Hy het aangevoer dat elke man inherent lei aan approach anxiety. Hierdie kwaal kom glo van ons pakdier verlede dat as jy gebat word die res van die vroue in jou trop sou gesien het dat jy nie juis goedgekeur word deur almal nie. So mans het mettertyd geleer om selektief en met groot omslagtigheid die skoner geslag hof te maak as om net hulle luck te try. Tot op die punt dat hulle liewerste net nog `n bier bestel.
       `n Weergawe approach anxiety is na my opinie juis die ding wat veroorsaak dat die toetrede tot die wêreld van die werkendes so moeilik maak. Tot en met die punt dat ons aanhou studeer of net-net `n bestaan maak. `n Curriculum Vitae bevat mos juis al jou pêrels wat jy oor die jare versamel het en om dit noukeurig op `n drie-bladsy dokument aan iemand te oorhandig en te hoor dat hulle nie minder kan omgee nie maak mos maar eina.
       Mystery voer egter aan dat die enigste manier om approach anxiety te oorkom is om die appel van jou oog aan te spreek voor jy tyd kry om jou voete koud te dink. My aangepaste raad aan alle werksoekers is as jy voel die werk is vir jou, jy kan `n lewe maak en jou uitleef terwyl jy besig is daarmee doen so gou as nou aansoek. Ek belowe ek sal my eie raad volg as jy ook so maak.  

Monday, September 13, 2010

Berlin – The City that Goes ;)

Picture of American soldier
at Checkpoint Charlie
Picture of Soviet soldier
 at Checkpoint Charlie
Many articles in magazines like QG and National Geographic Traveller describe Berlin as one of the coolest cities in the world. Low rents coupled with a very cosmopolitan population and the ever present contrast between the East and the West of the city means that there is something for everyone in Berlin.

These are of course the generic reasons for liking Berlin. Of course I like the contrast between East and West and how it still affects life in this huge metropolis – in what other city can you club in an old, defunct factory, walk past a car dealership that displays a Bugatti Veyron  and get verbally abused by prostitutes on your way to the hotel?

This is nice but then again a cup of tea is nice. What I like about the city is its quirkiness, it seems like Berlin is trying to be different in all facets all of the time. The most pertinent example is the robot men that originated in Berlin. These so-called Ampelmannchen were used in the old East Berlin but after the 1990 reunification the whole city adopted these funky red and green East Berliners as their own and they are also used throughout he whole Germany nowaday - especially in Saxony-Anhalt.  If you are into curios it is the Berlin version of the vuvuzela.

Other examples include the Berlin skyline that is dominated by an old East Bloc television tower. After the wall was broken down this tower broadcast political propaganda – they told the East Berliners that the people that were flowing out of East Berlin were only tourist who wanted to see what the West looked like. Some people like the tower, I don`t like it at all it looks like it might explode and cover the city in yellow puss.

Aesthetics aside the city folks are also constantly striving to differentiate themselves. Seeing a person with a tattooed face is not out of the ordinary. I saw this one guy who sported a beard,  a floral dress and a pair of Dr Martin`s and the person who caught the most eyes was me since I was laughing like a maniac. One guy who has achieved a certain level of notoriety is the doorman at Berghain (one of the most famous clubs in the world I`m told).

All in all Berlin has something for everyone. If you are a history buff the marks left by the struggle against the Axis and Allies are still there the same goes for the Cold War. If you like art and design your heart will be content. If you are up for a good time Berlin is “poor but sexy.” I could go one but all that I`m saying is if you ever have the chance give the place a try - you`ll like it.

Tuesday, September 7, 2010

Surrounded by Schwabians

A South African friend of mine, who happened to do an internship in Berlin, told me to do some enquiry into a group of German people known as the Schwabs. All clues that she gave me is that they come from the south of Germany and don`t smile.
One week went by and my research prospects were looking bleak. Time and opportunity overlapped in the square in front of Humboldt University in front of a building wide poster that claimed that Germany is Schwabisch Hall country. Swabish Hall is the local bank of the Schwabian people. They are one of the original three tribes of Germany the other being the Baden and the Bavarians.
"One these stones you can build."
This prompted a few questions about Schwabianism in the bus. When asking these questions I noticed that all three of the Schwabians in the German group happened to be sitting next to me in the bus – hence the title. In Schwabialand the importance of saving as much money as possible is very important. The main goal of all this saving is eventually building your own house and keeping the porch as clean as possible. Simple as that.
Some Schwabs in action.
This Schwabian work ethic has lead to major technological advances and some companies you might know of such as Hugo Boss, Daimler Benz and Boehringer Ingelheim. Apart from these achievements the Schwabs aren`t well loved in Germany. They are known for letting Berlin`s low housing prices escalate and an easy way of making friends in Berlin in saying “Scheisse (shit) Schwaben” as much as possible. 

Munich - The Devil Wears A Size 9 and the Freaky Shrine of Saint MJ

I`ve been in Germany for an exchange programme and I was to busy to write anything lately. I usually don`t write in English but for the benefit of my German friends I`m going to share some of my more interesting German experiences in English.


I got the opportunity to visit three German cities namely Munich, Berlin and Cologne. Every city is very different. Two main reasons for this exists. Firstly you have a host of provincial differences in living life that gets reflected in the buildings.  Secondly, the different ways in which the leaders of every city decided to react to the challenge of rebuilding their cities after it was bombed to the ground was somewhat different.
Berlin and Cologne decided to modernize while Munich went the more conservative direction. Munich was originally one of those medieval towns that were surrounded by the city walls and gates where farmers sold their wares in St Mary`s Square now known as Marianplatz. This historic part of town is still there and is still used to sell produce although the supply of farm produce has been replaced with luxury brands.
Apart from the places of consumerist worship there are also many places of the more conventional religious worship. Within one of these cathedrals there happens to be a footprint that is exactly dead centre in line with the cross. This is called the devil`s footprint and although many different variations of this story exists I`ll retell the version I heard in the cathedral.
The builder of the cathedral was faced by an enormous amount of setbacks that varied from structures toppling over to problems with the supply of raw materials. The builder came to the conclusion that the devil was putting in an extra effort to the delay the finishing of this place of worship and decided to strike a deal with the devil.
He promised the devil that he will finish the building without any windows if he would not interfere with the rest of the process. The devil obliged, delighted that nobody would like to worship in a cold building without any stained glass windows. When the devil, who used his friend the wind for transportation, went to inspect the site he was delighted to see how dark and cold it was. 
What the devil did not know is that the builder made use of planks to hide the beautiful windows that eventually adorned the walls of the cathedral. When the devil eventually noticed that he had a fit of rage and walked out of the cathedral after stamping his foot. In this fit the devil forgot to take the wind with him hence the constant howling wind in the area of the cathedral.
When our group got to the footprint one of the Germans put his foot, that happened to be the exact size as the devil`s (a European 44 – UK 9) on that of the devil before being verbally escorted out of the cathedral.
Around the corner there is a statue in honour of some composer whose name I cannot remember. His name is not important seeing that after the death of Michael Jackson the statue got converted into an impromptu and very freaky shrine to the late king of pop where he is venerated Roman Catholic style. There is even a woman that prayed in front of it. All this because MJ once stayed at the hotel on the opposite side of the road. 

Sunday, July 11, 2010

Pasop vir Paul



Ek het die ander dag `n paar flieks nagevors op die internet. Een van my gunstelinge is die Coen Brothers se The Big Lebowski. As jy nog nie die fliek gekyk het nie dan moet jy `n plan maak. Alhoewel die fliek nie die kritici se goedkeuring weggedra het nie is dit een van die groot cult movies wat amper dieselfde gevolg het as Easy Rider. The Big Lebowski gaan oor `n ou genaamd The Dude. Die rol word vertolk deur Jeff Bridges en hy is eintlik `n nikswerd wat ingeweef word in `n groot, snaakse deurmekaarspil.

Wat my egter verbaas het van die artikel wat ek gelees het is dat The Big Lebowski aanduiding gegee het tot `n godsdiens genaamd Dudeism wat gebruik maak van lesse uit die fliek. Dit is mal, maar daar is ook `n godsdiens wat gebruik maak van die lesse in Star Wars. Daar was onlangs `n hele storie oor `n winkeleienaar wat nie wou gehad het daar moes `n ou aangetrek soos `n Star Wars karakter by sy winkel in nie aangesien hy kaalvoet was. Die Star Wars ou het hom toe aangevat aangesien hy gevoel het dit is ongrondwetlike onderdrukking van sy godsdiens.

Dit bring my by Paul die seekat. Vir die wat nie daarvan weet nie daar is `n Duitsland `n seekat wat deurmiddel van kos uit `n boks met verskillende landsvlae met groot sekerheid die Duitse sokkerspan se uitslae voorspel insluitende die Uruguay vs Duitsland game. Uncanny is die woord. Hy het ook voorspel Spanje gaan wen vanaand. Ek hoop en bid Holland wen.

Die rede omdat ek so stel is dat as Spanje gaan wen die volgende scenario redelik moontlik is. Eerstens, gaan Paul beskou word as `n siener. Die World Cup is egter verby en daar is soveel ander vrae. Die vraag op almal se lippe is dat Paul die einde van die wêreld moet voorspel. Natuurlik gaan die seekat een of ander lukrake nommer kies en dan gaan mense daarin glo. As jy dink ek praat gemors dink net in watse oproer almal was oor die Mayan Calender en 2012. As mense in daai gemors kan glo sal mense verseker in `n seekat glo met `n 100% track record. As hy vandag reg voorspel dan sal hy heelwaarskynlik sy eie godsdienstige gevolg kry. Natuurlik dink jy hy lewe net vir drie jaar so dit is fine. My antwoord is dat Jesus al meer as 1900 nie meer (fisies) met ons is nie.  
Behalwe dat die Duitse span hulself gejinx het met Paul se self-fulfilling prophecies (selfs baie Duitse televisie programme is onderbreek om sy volgende voorspelling uit te saai). Ek neem nie die Duitsers te erg kwalik daarvoor nie. (In my eerste blogpost verwys ek na Clever Hans – die Duitse perd wat glo wiskunde kon doen). Die rede daarvoor is omdat hulle groot gemaak is met Grimm Brothers verhale met baie slim diere.

So as jy inherent Coen Brothers of Grimm Brothers stories gebruik om jou wêreldbeeld mee in te lig is my hande afgekap, maar my vraag bly staan het ons nog een of ander wacky godsdiens nodig? Go Kaaskoppe!! 

Gys haat deeltekens. Hy is ook nie `n meer `n groot ondersteuner van Jagerbombs nie.

p.s. Die eienaars van Paul se akwarium het my blog gelees en daar sal nie meer vrae gestel word aan Paul nie. En daar was `n gejubel.

Thursday, June 24, 2010

The Secret is Next Level

Die selfhulp rak by `n boekwinkel is nie `n plek waar ek my gereeld bevind nie. Ek glo vas dat die meeste van hierdie selfhulp mantras gebaseer is op een persoon se suksesverhaal. Die suksesverhaal is in elk geval na die tyd aanmekaar gevlans en bevat altyd dieselfde generiese raad soos moenie tou opgooi nie, glo in jouself en my persoonlike gunsteling wees positief. Dit is ook `n ongeskrewe ooreenkoms dat hierdie boeke van een of ander wedloop analogie moet gebruik of moet verwys na die stroomop stryd van die nederige forel of dalk iets meer funky soos `n feniks of `n eenhoring of `n griffin of Pegasus of dalk Pikachu. Voor jy my nou afskryf as `n siniese ou donder laat ek verduidelik waarom ek so `n renons in hierdie boeke het.
      Eerstens, gee dit geensins erkenning aan die redelike groot rol wat geluk speel in sukses nie. Malcolm Gladwell se boek Outliers verduidelik in detail dat die jaar waarin jy gebore word van onmenslike belang is vir sukses. Een van die beste voorbeelde gaan oor rekenaarprogrameerders. Daar is meer as een ou wat oor dieselfde vernuf en vasberadenheid as Bill Gates beskik. Die verskil is egter dat Gates en ander sagteware miljardêrs se verjaarsdae in hulle guns getel het. As jy voor `n seker jaar in die 1950`s gebore is en geprogrameer het dan sou jy vir IBM gewerk het. In daai tydstip het die bestuur van IBM geglo dat daar slegs `n mark vir drie of vier persoonlike rekenaars sou wees en jy sou ponskaarte in `n gebou van `n rekenaar ingedruk het sodat jy `n laptop kon bekostig. As jy na die datum gebore was sou jy natuurlik die ontploffing in persoonlike rekenaar gebruik skraps gemis het en `n gewone nine to fiver by Microsoft of Sun Microsystems gewees het. Tweedens, is daar die hele idee van negative evidence wat Hassim Taleb in The Black Swan aan ons voorstel. Taleb voer met goeie reg aan dat sekere verhale onsydig oorgedra word, want in die afloop van die verhaal word sekere van die deelnemers uit die spel verwyder. Op Stellenbosch se strate slaap daar gewese besigheidsmanne wat ook eens soos die spreekwoordelike forel in `n baie vasberade wyse teen die stroom geswem het. Die enigste verskil is egter as hulle `n boek skryf oor wat met hulle gebeur het, sal hulle heel waarskynlik self die publikasie moet bevonds. Dis soos my pa altyd sê: Dooie duikers deel nie (hulle verhale nie).
       Ten spyte van my hekel aan die bogenoemde selfhulpliteratuur is daar wel een boek wat ek goedkeur, maar vir ander redes as wat jy mag dink. Die boek/video is The Secret. Om julle geheue te verfris- die boek voer aan dat jy enige iets wat jy begeer kan kry deur om te glo dat jy dit kan kry. As jy dus meer geld wil besit begin dink aan hoe dit moet voel om al klaar die moneydollars te besit. Fokken awesome en weet jy wat? Dit werk, nie omdat die heelal ewe skielik sy filantropiese sy ontdek het nie, maar omdat die besit van meer geld nou `n groter prioritiet is en jou oë letterlik groter oop is vir geldmaakgeleenthede. Dit tap as te ware by jou onderbewussyn in. `n Goeie verduideliking hiervan kan in Karl Weick se boek Sensemaking in Organizations verkry word. Hy voer aan dat selfs een situasie `n onwerklike hoeveelheid sensoriese informasie bied en ons kan slegs `n sekere hoeveelheid informasie verwerk op `n spesifieke tydstip. Dit beteken dus dat ons (onder)bewustelik moet kies waarop ons ons aandag wil vestig. Ter illustrasie - was jy net voor jy hierdie sin gelees het bewus of jou rekenaar se waaier aan was of nie of selfs in watter land jy is (sorry Willas:)? Natuurlik was jy nie, jy was besig om jou te verlustig aan my blogpost en nou wonder jy wie Willas is. Jou aandag was eenvoudig nie by die bogenoemde entiteite nie. Om dit saam te vat - ons is `n produk van waarop ons ons beperkte aandag spandeer so moenie nou gaan porn kyk nie. Dit is waarom ek volhartig The Secret vir almal voorskryf, maar aangesien jy nou weet hoe dit werk spandeer liewer jou nuutgevonde kontant op Outliers of Black Swan.
       
 As jy moet weet Willas is `n visboer in Nieu-Seeland. `n Interessante brokkie World Cup trivia is dat die bynaam vir Black Label quarts – Zamalek - kom van die bynaam vir die Egiptiese sokkerspan. Die verbindtenis is dat die Egiptiese landsvlag dieselfde kleure as `n Black Label wapen is.