Sunday, October 9, 2011

Questions You Need to Ask Yourself

I always try to create new and original content for my blog but I was viewing some TED talks and stumbled upon something inspirational by the owner of Amazon - Jeff Bezos. I think it is a great checklist when you temporarily get dealt a bad hand or you need to make some important   choices. 


He was addressing graduates at Princeton University. He asked the following set of questions: 



"Tomorrow, in a very real sense, your life -- the life you author from scratch on your own -- begins.
How will you use your gifts? What choices will you make?
Will inertia be your guide, or will you follow your passions?
Will you follow dogma, or will you be original?
Will you choose a life of ease, or a life of service and adventure?
Will you wilt under criticism, or will you follow your convictions?
Will you bluff it out when you're wrong, or will you apologize?
Will you guard your heart against rejection, or will you act when you fall in love?
Will you play it safe, or will you be a little bit swashbuckling?
When it's tough, will you give up, or will you be relentless?
Will you be a cynic, or will you be a builder?
Will you be clever at the expense of others, or will you be kind?
I will hazard a prediction. When you are 80 years old, and in a quiet moment of reflection narrating for only yourself the most personal version of your life story, the telling that will be most compact and meaningful will be the series of choices you have made. In the end, we are our choices. Build yourself a great story. Thank you and good luck!"


Thursday, September 8, 2011

Amsterdam - It`s Easy to be Happy


A friend of mine, who was quoting someone else, once said: “If you want to piss-off your enemies live a good life.” That`s very true. We are a product of our circumstances and to a certain point we can choose our circumstances. I choose to be happy and part of that is discovering what the world has to offer and seeing how I react to it.

Up until now my reaction to Amsterdam has been a joyful one. Don`t get me wrong. I miss having coffee and conversation in Afrikaans and although we like to complain in sunny SA we have a standard of living that a lot of Europeans can only dream about.

Let’s talk about Amsterdam though. Amsterdam is steeped in history. The centre of Amsterdam is also a World Heritage site and it is very compact and it is an amazing place to get lost in – which I inadvertently have been doing a lot of. I just get this feeling of wonder when I walk past a building that is older than the European settlement in South Africa. That also means a lot of history gets lost. The sign of Amsterdam is the XXX. It hasn`t got anything to do with the Red Light District but no one actually knows why it`s used. There are some theories, but no one knows for sure.

Amsterdam is also all about cycling. Cyclists are at the top of the transport food chain while pedestrians are like plankton. It is just the way it works. The cycling lanes make the whole city accessible within 40 minutes of cycling. That is if you don`t mind getting drenched in the twice-a-day-downpours.
I have always found it perplexing if people talk about tourist traps but after seeing city central and especially the Red Light District I understand the term fully. It is really difficult to meet a Dutch person in these areas and clubbing and coffee in the touristy side of town especially Leidse- and Rembrandtplein is expensive. This means you need to take some imitative and really try and discover the one of the myriad of shops, the cafes and the clubs that works for you.

To put it in perspective. Discovery makes me happy. In Amsterdam there is a lot to discover and therefore it`s easy to be happy in this slightly off-beat cosmopolitan town of a city.     

Thursday, November 25, 2010

Rye verander en Angstigheid – Die Regdenke Persoon se Gids to Keuse

Ek staan een dag na vyf in `n ry by die supermark. Soos julle weet kan dit nogal redelik besig word so jou keuse van ry is van kardinale belang. Ek kom toe agter dat my ry nie die beste is nie. Die een huisvrou het haar seun gestuur om nuwe items te gaan afhaal en hou so almal op. Sodra ek toe besluit om van ry te verander begin my oorspronklike ry vinniger gaan as my nuwe ry en ek verloor toe so tyd. Dit het my egter aan die dink gesit  - as ek die heeltyd van ry verander sal ek nooit by die till uitkom nie.
        Hierdie voorbeeld is nogal redelik belangrik vir mense van ons ouderdom wat uitgaan en probeer om ons stempel af te druk in een of ander industrie of tipe werk. As `n mens die ganse tyd van rigting verander dan sal jy nooit lank genoeg in een aktiwiteit deelneem om die nodige ervaring op te bou nie. Dieselfde geld vir reputasie. Natuurlik kan `n mens nie bloed uit `n klip tap nie. So as jou werk vinnig op niks afpyl nie dan moet jy iets anders doen.
        Om egter die regte balans te tref tussen vat en los is moeilik en dit raak nie makliker nie. Die rede hiervoor is dat die hoeveelheid informasie tot ons beskikking meer is as ooit van tevore. Eric Schmidt, een van die grootkoppe by Google, het gestel dat die mensdom elke twee dae meer informasie produseer as wat ons tot en met 2003 gedoen het. Alhoewel goeie informasie besluitneming verbeter los dit ook `n mens met `n oormag van keuse en baie porn.
       Volgens ekistensialisme word angs beskryf as `n benoudheid wat gepaard gaan met vrye keuse en die wete dat jy verantwoordelikheid moet neem vir die uitkoms van jou besluite. Met die eksponensiele groei in informasie en moontlike rigtings om in te slaan is vandag dus die mees angstige dag in die geskiedkenis van die mensdom met geen beterskap wat voorlê nie.
       So wat nou? Wel, wie `n persoon eendag wil wees maak `n groot deel uit van sy identiteit. Die goeie ding is dat dit in alle regdenkende mense se geval altyd redelik positief is. Die besluite wat ons maak en die uitkoms daarvan is ook die spice of life. Regdenkende mense kruip dus nie onder die bed weg asgevolg van `n oormag van keuse nie, maar word net tydelik uitgeboul deur hoe om daar uit te kom.  Sterkte daarmee en onthou tog dat nie alles op die internet is nie. Groetnis en sterkte met die avontuur.

Gys hoop die ander mense wat by Tietiesbaai gaan kamp hou hierdie keer hulle Glocks by die huis.

Monday, October 11, 2010

`n Large Opsie Twee Asseblief

Ek blog nou al vir meer as `n jaar. Hierdie was my eerste poging gewees. Ek dog ek deel dit weer.


Toe ek elf was, was daar so `n program op TV genaamd Arli$$. Daar was twee tipes bekoring aan Arli$$. Eerstens was dit een van die min elfuur programme waar daar gereeld `n paar borste te siene was. Tweedens was dit een van die eerste agter-die-skerms programme, soos Entourage, wat jou die werk en die mense agter al die geld van `n gewilde bedryf gewys het. Arliss was `n agent in die sportbedryf en hy het heel duidelik op daai deel van sy kop geval wat sy morele kompas gehuisves het. As jy perdsteroids by die veearts wou hê en te skaam was om te vra of fotos van jou by `n Mexican donkey show uit die koerant wou hou dan kon jy jou sterre dank dat Arliss jou agent is.


Ten spyte van al sy tekortkominge het Arliss egter iets gesê wat my altyd sal bybly. Hy het gestel dat as jy twee probleme het dan is dit gewoonlik so dat die een die ander se oplossing is. Wat jy moet doen as jy `n onewe getal probleme het weet ek nie, want ses probleme is nou ewe skielik beter as vyf, maar ek dink Arliss se raad is nog steeds geldig en nie net vir probleme nie, maar gedagtes ook.

Daar is nou al die afgelope paar jaar twee gedagtes wat beurtelings aan my karring en dit mag wees dat die een die ander se antwoord is. Die een gaan oor gerigte dat gewone voorwerpe siele kan huisves en die ander handel oor `n baie slim perd genaamd Hans. Die gebruik van die woord siel mag dalk die verkeerde reaksies uitlok so laat ek my aan die hand van `n storie of twee verduidelik voor ek ala Oubaas heilige koeie uit die sloot grawe.

Jy onthou of weet seker van James Dean? Hy is die oorspronklike Rebel Without a Cause, die ikoniese filmster van die vyftigerjare. Dit is om en by verpligtend om `n foto van hom met die lang jas en die sigaret wat uit sy mond uithang op jou muur te hang in jou eerste woonstel en Alan-Grey het `n baie aangename advertensie oor hom gemaak. Glad nie sleg vir `n vier en twintig jarige met slegs een gesigsuitdrukking nie. James Dean se prestasies ter syde gestel, ek wil meer oor die kar praat met wie se hulp hy die tydelike vir die ewige verruil het en veral oor gerigte dat die Porsche 550 Spyder genaamd Little Bastard `n werklike bastard was in sy eie reg.

Little Bastard was glo uit die staanspoor uit `n bietjie van `n kalant. Selfs die Spyder se voorkoms was glo volgens `n kennis van Dean beskryf as sinister en hy het die volgende profetiese woorde gespreek: "If you get in that car, you will be found dead in it by this time next week." `n Week later het Dean verongeluk oppad na `n resies toe. Alhoewel dit die einde van Dean en die begin van `n legende was sou Little Bastard ook seker maak dat vergeteldheid nie deel sou vorm van sy lot nie. Die wrak sou later van `n sleepwa afgly en `n motorwerktuigkundige se been breek. Een van die twee dokters wat parte gestroop het van die kar is oorlede in `n ongeluk terwyl die ander erg beseer is. Twee boewe is ook ernstig beseer terwyl hulle die kar se oorblywende parte wou steel. Nadat die kar se bande gelyktydig opgeblaas het en nog `n ongeluk veroorsaak het, het die eienaar, ene George Barris, die wrak oorhandig aan die Californian Highway Patrol vir `n veiligheidstentoostelling. Die tenstoonstelling het egter min aandag gelok tot en met die pakhuis wat die wrak geberg het aan die brand geslaan het. Little Bastard het egter ongedeerd uit die vuur ontsnap. By `n ander tentoonstelling by `n skool het die kar geval op `n student en sy heup gebreek. Tydens die vervoer van die wrak het `n trokbestuurder ook kontrole verloor oor die trok en die bestuurder is dood nadat Little Bastard bo op hom geval het. Wat oor was van die Porsche is terugbesorg aan Barris en die wrak het toe onder vreemde omstandighede verdwyn. Of al hierdie gegewens waar is sal ek nie weet nie, maar as selfs die helfte waar is dan kan daar nog steeds gestel word dat Little Bastard `n baie gepaste naam was vir die vermetele kar.

Die lede van die Hawaii Volcanoes National Park is ook goed gatvol vir die oneindige invloei van pakkies wat slegs klippe, sand en seeskulpe bevat. Die pakkies gaan gewoonlik met met `n nota gepaard wat stel dat die sender oneindig jammer is oor dat hulle die skulpe gevat het as aandenking en dat die mense van die parkeraad asseblief die inhoud moet terugbesorg na die eiland aangesien slegte geluk die besoekers oorval het. Die legende is dat die godin van die vulkaan, genaamd Pele, die klippe, sand en skulpe sien as haar kinders en dus sorg dat dit naby haar op die eiland bly. Pele se wraak sluit siektes, huise wat afbrand en werksverlies in. Timothy Murray is een so `n slagoffer wat na `n besoek aan die park sy troeteldier aan die dood afgestaan het en sy verloofde verloor het. Die FBI het om ook gevang vir kopiereg inbraak. Dit alles vir slegs `n bottel vol van die swart vulkaniese sand.

Die lot van Dean en Murray is albei gekoppel aan voorwerpe wat op die oog af heel onskuldig lyk, maar uiteindelik lei tot hulle ondergang. Alle voorwerpe is egter nie so sinistêr nie. Daar bestaan baie gevalle van vissermanne se vrouens wat hul mans se verlore trouringe vind in die maag van visse wat hulle gevang het in die einste viswaters waar hulle dit jare gelede verloor het. Hierdie drie staaltjies mag of mag dalk nie as bewyse dien van die siel wat dalk bestaan in voorwerpe nie, maar die snaakse manier hoe dit ontwyk van dit wat as normaal beskou word maak die bestaan van `n siel binne alledaagse voorwerpe die mees voor die hand liggende verduideliking.


Die ander gedagte wat elke dan en wan by my spook is die van die perd genaamd Hans oftewel Clever Hans. Hans en sy eienaar, `n Duitser genaamd Wilhelm von Osten, het tydens die begin van die vorige eeu opskudding gemaak en selfs op The New York Times se voorblad gepronk. Von Osten het geglo dat diere kon wiskunde doen en na onsuksesvolle pogings met `n kat en `n beer is daar gevind dat Hans by verre die grootste potensiaal getoon het. Deur die antwoorde van basiese wiskundige vra met die stamp van sy hoef aan te dui het Hans soveel aandag ontlok dat daar selfs `n Hans Commission gestig is. Na `n stel toetse het die onpaar groep wat twee skoolonderwysers, `n sirkusbestuurder, twee dierkundiges, `n sielkundige en `n perde - afrigter ingesluit het besluit dat daar nie iets onpluis is met Hans se wiskundige vermoë, wat vergelykbaar was met `n destydse veertienjarige s`n nie.

`n Sielkundige genaamd Oscar Pfungst het egter ander idees gehad en na `n stel toetse het hy bepaal dat Hans nie juis baie beter was in wiskunde as enige ander perd nie. Die ding is dat perde, nes ons, pakdiere is en dus `n vorm is van sosiale intelligensie het. Een van die onderdele van sosiale intelligensie is die vermoë om liggaamstaal te interpreteer en dit is presies wat Hans gedoen het. Hy sou aandagtig kyk na sy vraagsteller soos hy sy hoef gestamp het en sodra hy op die regte antwoord gekom het sou klein verskille in die vraagsteller se liggaamstaal opgemerk word en Hans sou op `n baie aweregse manier op die regte antwoord kom. Hans se akkuraatheid het dus dramaties afgeneem as die vraagsteller nie die antwoord geken het nie of as hy buite Hans se veld van sig was.

Von Osten wou nie die verduidliking glo nie en het tot Hans se dood Duitsland plat getoer. Hans lewe egter nog steeds vort asgevolg van `n denkfout wat na hom vernoem is. Die Clever Hans denkfout stel dat mense geneig is om intelligensie aan iets toe te skryf nie op grond van werklike intelligensie nie, maar omdat dit handelinge uitvoer wat intelligent voorkom. Dit is een van die gevalle where it walks like a duck it talks like a duck but then again it`s not a fucking duck. Hier kom die twee gedagtes nou bymekaar en los mekaar op. Ons is geneig om intelligensie of `n siel aan karre, visse, en lawa klippe toe te ken, want allerlei gegewens gebeur waarin hulle betrokke is wat dit laat blyk asof hulle wel planne in die mou voer. Dit vorm deel van ons hunkering na geloofwaardige stories soos ons probeer sin maak van gebeure, selfs al sluit dit die bonatuurlike in. Maar soos die prokureur in Lipstick Dipstick se: "Looks can be very deceiving." Mense gaan ongelukkig dood in karongelukke, veral as hulle op onveilige bane in motorwedrenne jaag. Murray se lot het dalk meer te doen met die feit dat hy graag goeters vat wat nie aan hom behoort nie en minder te doen met Pele. Trouringe mag soms terugkom. Veral as jy `n beroepsvisserman is, want in jou geval is daar baie visse in die see, maar ook net soveel visse in die see aangesien jy jaar in jaar uit met dieselfde aas op dieselfde plek visvang.

Hierdie los ons met twee maniere om na dieselfde werklikheid te kyk. Die een is die koue werklikheid waar alles verloop soos dit doen vir `n baie spesifieke en nougesette stel redes. Die ander is ietwat meer vermaaklik waar karre dalk meer wil hê as `n deluxe valet elke tweede Saterdag, waar Pele jou goed op jou moer gaan gee as jy haar goete steel en waar visse gaaf genoeg is om hul lewens op te offer sodat vroulief minder skietgoed kan hê tydens die volgende argument. Ek verkies die tweede opsie, want soos een van my vriende op die rookbankies in Huis Visser gestel het: "Gys, die lewe is maar vervelig. Dis jou verantwoordelikheid om dit interessant te maak."

Wednesday, October 6, 2010

Werksoek en Vrousoek se Gemene Deler

Op die oomblik is ek besig om die ou CV af te stof en te soek na werk. In die huidige werksklimaat is dit seker nie die maklikste ding ooit nie, maar dit was nog nooit aangenaam om die werksplek te betree nie. Natuurlik het die studies sy eie frustrasies en tye van angstigheid, maar ek sukkel om afstand te doen van die vorige “division of labour” waar die familie hoofsaaklik vir my sorg en ek net verantwoordelik is vir my sakgeld en om nie `n vak te sleep nie.
        Ek probeer dink aan redes waarom dit so moeilik kan wees. My eerste teorie was dat daar nie `n “right of passage,” soos by `n doop of gradeplegtigheid betrokke is nie. Daarmee bedoel ek een of ander ritueel of amptelike samesyn waar daar gestel word jy gaan nou die werksplek betree en al jou vriende en familie wens jou die beste toe met jou soeke na werk nie. Soos ons egter baie weet is daar baie persoonlike mylpale wat gehaal word sonder jou vriende en familie wat jou aanpor. (Om die waarheid te sê sal dit nogal baie onaangenaam wees as jou vriende en familie jou tydens sommige mylpale aangepor het).
        My tweede teorie was dat daar nou `n groot hoeveelheid verantwoordelikheid op jou skouers geplaas word. Jy moet dalk verhuis. Jy hoop die mense by die werk hou van jou en belasting, versekering en karpaaiemente is moeilik om by te bring. Dit is egter nie onmoontlik om te doen nie. As die geslagte voor jou wilde diere moes afweer en diere met hulle eie hande moes doodmaak so kan jy met baie groter gemak na jou eie bas kyk. Dis in jou gene tjom.
Funky hoed
        My derde teorie is egter die een wat by verre die waterdigtse is. Dit behels egter `n bietjie verduideliking. Daar was so program om VH1 gewees genaamd The Pick-Up Artist. Die program het gehandel oor hoe om meisies op te tel. Daar was egter nie veel om te leer nie aangesien die aanbieder, Mystery, die gebruik van funky hoede en redelike dumbass comments goedgepraat het. So, vir die meeste van die program het `n mens dieselfde raad gekry as wanneer jy sou gevra het hoe om gedonder te word in `n kroeg.
       Mystery het egter `n interessante idee gehad wat in my kop vasgesteek het. Hy het aangevoer dat elke man inherent lei aan approach anxiety. Hierdie kwaal kom glo van ons pakdier verlede dat as jy gebat word die res van die vroue in jou trop sou gesien het dat jy nie juis goedgekeur word deur almal nie. So mans het mettertyd geleer om selektief en met groot omslagtigheid die skoner geslag hof te maak as om net hulle luck te try. Tot op die punt dat hulle liewerste net nog `n bier bestel.
       `n Weergawe approach anxiety is na my opinie juis die ding wat veroorsaak dat die toetrede tot die wêreld van die werkendes so moeilik maak. Tot en met die punt dat ons aanhou studeer of net-net `n bestaan maak. `n Curriculum Vitae bevat mos juis al jou pêrels wat jy oor die jare versamel het en om dit noukeurig op `n drie-bladsy dokument aan iemand te oorhandig en te hoor dat hulle nie minder kan omgee nie maak mos maar eina.
       Mystery voer egter aan dat die enigste manier om approach anxiety te oorkom is om die appel van jou oog aan te spreek voor jy tyd kry om jou voete koud te dink. My aangepaste raad aan alle werksoekers is as jy voel die werk is vir jou, jy kan `n lewe maak en jou uitleef terwyl jy besig is daarmee doen so gou as nou aansoek. Ek belowe ek sal my eie raad volg as jy ook so maak.  

Monday, September 13, 2010

Berlin – The City that Goes ;)

Picture of American soldier
at Checkpoint Charlie
Picture of Soviet soldier
 at Checkpoint Charlie
Many articles in magazines like QG and National Geographic Traveller describe Berlin as one of the coolest cities in the world. Low rents coupled with a very cosmopolitan population and the ever present contrast between the East and the West of the city means that there is something for everyone in Berlin.

These are of course the generic reasons for liking Berlin. Of course I like the contrast between East and West and how it still affects life in this huge metropolis – in what other city can you club in an old, defunct factory, walk past a car dealership that displays a Bugatti Veyron  and get verbally abused by prostitutes on your way to the hotel?

This is nice but then again a cup of tea is nice. What I like about the city is its quirkiness, it seems like Berlin is trying to be different in all facets all of the time. The most pertinent example is the robot men that originated in Berlin. These so-called Ampelmannchen were used in the old East Berlin but after the 1990 reunification the whole city adopted these funky red and green East Berliners as their own and they are also used throughout he whole Germany nowaday - especially in Saxony-Anhalt.  If you are into curios it is the Berlin version of the vuvuzela.

Other examples include the Berlin skyline that is dominated by an old East Bloc television tower. After the wall was broken down this tower broadcast political propaganda – they told the East Berliners that the people that were flowing out of East Berlin were only tourist who wanted to see what the West looked like. Some people like the tower, I don`t like it at all it looks like it might explode and cover the city in yellow puss.

Aesthetics aside the city folks are also constantly striving to differentiate themselves. Seeing a person with a tattooed face is not out of the ordinary. I saw this one guy who sported a beard,  a floral dress and a pair of Dr Martin`s and the person who caught the most eyes was me since I was laughing like a maniac. One guy who has achieved a certain level of notoriety is the doorman at Berghain (one of the most famous clubs in the world I`m told).

All in all Berlin has something for everyone. If you are a history buff the marks left by the struggle against the Axis and Allies are still there the same goes for the Cold War. If you like art and design your heart will be content. If you are up for a good time Berlin is “poor but sexy.” I could go one but all that I`m saying is if you ever have the chance give the place a try - you`ll like it.

Tuesday, September 7, 2010

Surrounded by Schwabians

A South African friend of mine, who happened to do an internship in Berlin, told me to do some enquiry into a group of German people known as the Schwabs. All clues that she gave me is that they come from the south of Germany and don`t smile.
One week went by and my research prospects were looking bleak. Time and opportunity overlapped in the square in front of Humboldt University in front of a building wide poster that claimed that Germany is Schwabisch Hall country. Swabish Hall is the local bank of the Schwabian people. They are one of the original three tribes of Germany the other being the Baden and the Bavarians.
"One these stones you can build."
This prompted a few questions about Schwabianism in the bus. When asking these questions I noticed that all three of the Schwabians in the German group happened to be sitting next to me in the bus – hence the title. In Schwabialand the importance of saving as much money as possible is very important. The main goal of all this saving is eventually building your own house and keeping the porch as clean as possible. Simple as that.
Some Schwabs in action.
This Schwabian work ethic has lead to major technological advances and some companies you might know of such as Hugo Boss, Daimler Benz and Boehringer Ingelheim. Apart from these achievements the Schwabs aren`t well loved in Germany. They are known for letting Berlin`s low housing prices escalate and an easy way of making friends in Berlin in saying “Scheisse (shit) Schwaben” as much as possible.