Thursday, November 25, 2010

Rye verander en Angstigheid – Die Regdenke Persoon se Gids to Keuse

Ek staan een dag na vyf in `n ry by die supermark. Soos julle weet kan dit nogal redelik besig word so jou keuse van ry is van kardinale belang. Ek kom toe agter dat my ry nie die beste is nie. Die een huisvrou het haar seun gestuur om nuwe items te gaan afhaal en hou so almal op. Sodra ek toe besluit om van ry te verander begin my oorspronklike ry vinniger gaan as my nuwe ry en ek verloor toe so tyd. Dit het my egter aan die dink gesit  - as ek die heeltyd van ry verander sal ek nooit by die till uitkom nie.
        Hierdie voorbeeld is nogal redelik belangrik vir mense van ons ouderdom wat uitgaan en probeer om ons stempel af te druk in een of ander industrie of tipe werk. As `n mens die ganse tyd van rigting verander dan sal jy nooit lank genoeg in een aktiwiteit deelneem om die nodige ervaring op te bou nie. Dieselfde geld vir reputasie. Natuurlik kan `n mens nie bloed uit `n klip tap nie. So as jou werk vinnig op niks afpyl nie dan moet jy iets anders doen.
        Om egter die regte balans te tref tussen vat en los is moeilik en dit raak nie makliker nie. Die rede hiervoor is dat die hoeveelheid informasie tot ons beskikking meer is as ooit van tevore. Eric Schmidt, een van die grootkoppe by Google, het gestel dat die mensdom elke twee dae meer informasie produseer as wat ons tot en met 2003 gedoen het. Alhoewel goeie informasie besluitneming verbeter los dit ook `n mens met `n oormag van keuse en baie porn.
       Volgens ekistensialisme word angs beskryf as `n benoudheid wat gepaard gaan met vrye keuse en die wete dat jy verantwoordelikheid moet neem vir die uitkoms van jou besluite. Met die eksponensiele groei in informasie en moontlike rigtings om in te slaan is vandag dus die mees angstige dag in die geskiedkenis van die mensdom met geen beterskap wat voorlĂȘ nie.
       So wat nou? Wel, wie `n persoon eendag wil wees maak `n groot deel uit van sy identiteit. Die goeie ding is dat dit in alle regdenkende mense se geval altyd redelik positief is. Die besluite wat ons maak en die uitkoms daarvan is ook die spice of life. Regdenkende mense kruip dus nie onder die bed weg asgevolg van `n oormag van keuse nie, maar word net tydelik uitgeboul deur hoe om daar uit te kom.  Sterkte daarmee en onthou tog dat nie alles op die internet is nie. Groetnis en sterkte met die avontuur.

Gys hoop die ander mense wat by Tietiesbaai gaan kamp hou hierdie keer hulle Glocks by die huis.