Wednesday, October 6, 2010

Werksoek en Vrousoek se Gemene Deler

Op die oomblik is ek besig om die ou CV af te stof en te soek na werk. In die huidige werksklimaat is dit seker nie die maklikste ding ooit nie, maar dit was nog nooit aangenaam om die werksplek te betree nie. Natuurlik het die studies sy eie frustrasies en tye van angstigheid, maar ek sukkel om afstand te doen van die vorige “division of labour” waar die familie hoofsaaklik vir my sorg en ek net verantwoordelik is vir my sakgeld en om nie `n vak te sleep nie.
        Ek probeer dink aan redes waarom dit so moeilik kan wees. My eerste teorie was dat daar nie `n “right of passage,” soos by `n doop of gradeplegtigheid betrokke is nie. Daarmee bedoel ek een of ander ritueel of amptelike samesyn waar daar gestel word jy gaan nou die werksplek betree en al jou vriende en familie wens jou die beste toe met jou soeke na werk nie. Soos ons egter baie weet is daar baie persoonlike mylpale wat gehaal word sonder jou vriende en familie wat jou aanpor. (Om die waarheid te sê sal dit nogal baie onaangenaam wees as jou vriende en familie jou tydens sommige mylpale aangepor het).
        My tweede teorie was dat daar nou `n groot hoeveelheid verantwoordelikheid op jou skouers geplaas word. Jy moet dalk verhuis. Jy hoop die mense by die werk hou van jou en belasting, versekering en karpaaiemente is moeilik om by te bring. Dit is egter nie onmoontlik om te doen nie. As die geslagte voor jou wilde diere moes afweer en diere met hulle eie hande moes doodmaak so kan jy met baie groter gemak na jou eie bas kyk. Dis in jou gene tjom.
Funky hoed
        My derde teorie is egter die een wat by verre die waterdigtse is. Dit behels egter `n bietjie verduideliking. Daar was so program om VH1 gewees genaamd The Pick-Up Artist. Die program het gehandel oor hoe om meisies op te tel. Daar was egter nie veel om te leer nie aangesien die aanbieder, Mystery, die gebruik van funky hoede en redelike dumbass comments goedgepraat het. So, vir die meeste van die program het `n mens dieselfde raad gekry as wanneer jy sou gevra het hoe om gedonder te word in `n kroeg.
       Mystery het egter `n interessante idee gehad wat in my kop vasgesteek het. Hy het aangevoer dat elke man inherent lei aan approach anxiety. Hierdie kwaal kom glo van ons pakdier verlede dat as jy gebat word die res van die vroue in jou trop sou gesien het dat jy nie juis goedgekeur word deur almal nie. So mans het mettertyd geleer om selektief en met groot omslagtigheid die skoner geslag hof te maak as om net hulle luck te try. Tot op die punt dat hulle liewerste net nog `n bier bestel.
       `n Weergawe approach anxiety is na my opinie juis die ding wat veroorsaak dat die toetrede tot die wêreld van die werkendes so moeilik maak. Tot en met die punt dat ons aanhou studeer of net-net `n bestaan maak. `n Curriculum Vitae bevat mos juis al jou pêrels wat jy oor die jare versamel het en om dit noukeurig op `n drie-bladsy dokument aan iemand te oorhandig en te hoor dat hulle nie minder kan omgee nie maak mos maar eina.
       Mystery voer egter aan dat die enigste manier om approach anxiety te oorkom is om die appel van jou oog aan te spreek voor jy tyd kry om jou voete koud te dink. My aangepaste raad aan alle werksoekers is as jy voel die werk is vir jou, jy kan `n lewe maak en jou uitleef terwyl jy besig is daarmee doen so gou as nou aansoek. Ek belowe ek sal my eie raad volg as jy ook so maak.  

No comments:

Post a Comment