Thursday, February 11, 2010

Glanspersoonlikhede en Hoekom Ons Daarvan Hou om Hulle te Sien Val

Enige Afrikaans-sprekende persoon, Blou Bul ondersteuner of de not, sou tien teen een `n opinie gehad het oor die identiteit van die cat-snuifende hoerjaer tydens die onlangse seksvideo-skandaal. Selfs al stel jy nie belang in golf nie sou jy ten minste al gegrynslag het oor een of ander dubbelsinnige grappie oor Tiger Woods se buitensporige buite-egtelike aktiwiteite. Selfs al blaai jy aspris die Mense-en-hul-Dinge afdeling van die Huisgenoot mis tydens `n tydelike bestyging van die troon sal jy weet wie Paris Hilton is en dat infrarooi snaaks genoeg gebruik word om groen videos mee te vervaardig.


Die punt wat ek probeer maak is dat ons almal weet wie die bogenoemde sterre is en wat hulle aangejaag het. Die vraag wat ek egter vra is hoekom is dit so en waarom is glanspersoonlikhede se doene en late buite die sportveld of van die verhoog so belangrik? Dit is mos nie asof dit ons direk beïnvloed nie.

Hierdie is natuurlik `n wêreldwye fenomeen. Hello en National Enquirer is in England en Amerika net so gewild soos ons geliefde Huisgenoot. Heat Magazine is ook `n Suid-Afrikaanse gunsteling en word in verskeie aangepaste weergawes op `n internasionale basis verkoop. Aangesien die oormatige navolg van glanspersoonlikhede nie net `n Suid-Afrikaanse probleem is nie kan ons met sekerheid vas stel dat dit nie apartheid se skuld is nie.

Na wat ek kan aflei uit gesprekke met mense met `n aktiewe belangstelling in glanspersoonlikhede gaan dit oor die feilbaarheid wat hierdie mense ten toon stel. Paris se video-ekskepades kom dus met die ingeboude boodskap dat alhoewel sy meer geld gaan erf as wat baie lande se bruto binnelandse produk is kan sy ook soms haar videos versit. Tiger se huweliksprobleme toon dat ten spyte van bomenslike talent die negetiende gaatjie nie al versoeking is nie. Joost se petalje wys ons dat ten spyte van uitstaande diens aan Suid-Afrikaanse rugby `n man soms die nommer-een reel vergeet en jou sokkies aanhou. Hierdie is dus verskillende weergawes van dieselfde boodskap - dat mense feilbaar kan wees.

Hoeveel keer wil jy egter hierdie self-evident truth hoor. Een keer is mos meer as genoeg en twee keer behoort die boodskap klinklaar deur te kry. Die bogenoemde verduideliking is dus nie voldoende nie. Ek voer aan dat die rede vir die smagting na glanspersoon-skandaal meer breedvoerig verduidelik kan word deur die idee van schadenfreude. Schadenfreude is die Duitse benaming vir die sielkundige verskynsel waar ons lag vir Sport Bloopers of die meeste van die goed op America`s Funniest Home Videos. Dit is daai gevoel van verligting wat `n mense kry as ander so bietjie op hulle moer kry. Jy mag aanvoer dat dit nie met jou gebeur nie, maar vir glanspersoon-skandaal junkies is dit myns insiens die geval. Waar celebrities betrokke is, is dit egter so dat die hit soveel harder en langer is aangesien hoër bome harder val.

Gys Hough voel dat die Metrorail tussen Kaapstad en Stellenbosch te vol was vandag en dat R30-toegang by Springboks heeltemal insane is.

1 comment:

  1. The G-man, die fenomeen waarmee ons hiermee te doen het is tweeledig.

    Eerstens word ons(hulle), vasgevang in die fantasie wereld wat geskep word deur die media, hoe perfek, weelderige en tot 'n mate ontoereikend hierdie glanspersoonlikhede se lewens is, maar dan gebeur die inevitable, en slaan hul "feilbaarheid" deur, en voel ons tot dat ons kan connect met hierdie mense.

    Die tweede deel van ons psilogiese aangetrokkenheid het te doen met Schadenfreude, wat in 'n neutedop beteken dat ons onsself verlistig in die swaarkry van ander, dit is vir ons 'n selfbeeld-boost, en hoeveel te meer nie as glanspersoonlikhede 'n 'teiken' raak van swaarkry nie.

    Ek sou reken dat hierdie fenomeen 'n dwelm geraak het vir die massas, aan die eenkant vat dit hul weg uit hul eie, patetiese, geroetineerde bestaan en plaas hul aan die voete en voordeure van die mense, maar dan skop die extra high in as ons hul kan sien val, hoe harder hoe beter, want dan in ons eie kop is ons dan beter as die 'mens', want dit is dan wat hy/sy is, net 'n mens, nie meer die held of ikoon nie, net nog een van ons, en dit is hoekom ons so maklik onsself met hulle dan kan vereenselwig.

    Om my storie af te sluit, laat ek jou met 'n gedagte...Die glanspersoonlikhede het die brokkie informasie al baie langer terug agtergekom as ons, hoekom ink jy is daar al 'n hele televisie-kanaal wat net realiteitsprogramme uitsaai. Gaan kyk bietjie hoe het die syfers vir realiteitsprogramme gegroei. Dit is absurd. dit is hoe siek ons mensdom, ons westerse kultuur geword het, die tv-generasie, of eerder die realiteit-generasie. Dit is die grootste en sterkste en gevaarlikste dwelm daar buite. Mense wat vir jou wil probeer voorhou dat hulle lewens en doen en late opwindender is as jou eie. ons sal eerder ure voor die televisie spandeer en na ander mense se lewens staar as om ons eie te lewe.

    Hoop ek kon help.
    vrede en vreugde
    Big Flo

    ReplyDelete