Friday, February 26, 2010

Merkwaardige Links

Ek het vandag op twee merkwaardige links afgekom. Die eerste was `n webtuiste wat beweer dat die music video van Lady Gaga se “Bad Romance” neerkom op `n versameling okulte rituele. Hierdie ou het sekerlik ure bestee aan hierdie sogenaamde analise waar hy letterlik alles van songode tot bokkoppe agter die bos uitskop.

Dit is nou die einste manier van dink wat geopenbaar was toe daar mense by my huis in Uniondale opgedaag het en aangedring het dat my Ninja Turtles en my susters se Care Bears in die vuur gegooi moet word aangesien hierdie gemaak is om met jou kinderkop te gool. Hierdie is ook dieselfde stel mense wat jou aangegeluur het as jy daai Stüssy hemp met die ag-bal gedra het. Dieselfde groep mense het ook tot Liewe Heksie se ondergang gelei en gekla oor Harry Potter.

Selfs al is dit hoe diabolies wie is die persone wat juis die ergste eur sulke sogenaamde onheilig simboliek vasgevang word? Dit is juis dié rusiestokers en klagatte. Dit laat my baie dink aan die Dominee in André. P. Brink se Oom Kooitjie Emmer wat `n groot versameling verbode literatuur in sy lessenaar gehad het. Dit is natuurlik nie vir sy eie gebruik nie, maar slegs dat hy die uitdagings wat die deursnee gemeentelid in die gesig staar kan gade slaan en bewus wees daarvan.

1 comment:

  1. Gys, Ek onthou die tyd van die demoniese invloed wat die Turtles, Superman en daarna Harry Potter kwansuis op julle ontwikkeling gehad het. Lyk darem nie of julle (jy en Micha) of Theo te sleg uitgedraai het ten spyte van al die verkeerde invloede nie.

    Hou aan met blog - ek geniet dit baie
    Theresa Potgieter - oud Uniondaler, deesdae van Walvisbaai, Namibië

    ReplyDelete