Sunday, July 11, 2010

Pasop vir Paul



Ek het die ander dag `n paar flieks nagevors op die internet. Een van my gunstelinge is die Coen Brothers se The Big Lebowski. As jy nog nie die fliek gekyk het nie dan moet jy `n plan maak. Alhoewel die fliek nie die kritici se goedkeuring weggedra het nie is dit een van die groot cult movies wat amper dieselfde gevolg het as Easy Rider. The Big Lebowski gaan oor `n ou genaamd The Dude. Die rol word vertolk deur Jeff Bridges en hy is eintlik `n nikswerd wat ingeweef word in `n groot, snaakse deurmekaarspil.

Wat my egter verbaas het van die artikel wat ek gelees het is dat The Big Lebowski aanduiding gegee het tot `n godsdiens genaamd Dudeism wat gebruik maak van lesse uit die fliek. Dit is mal, maar daar is ook `n godsdiens wat gebruik maak van die lesse in Star Wars. Daar was onlangs `n hele storie oor `n winkeleienaar wat nie wou gehad het daar moes `n ou aangetrek soos `n Star Wars karakter by sy winkel in nie aangesien hy kaalvoet was. Die Star Wars ou het hom toe aangevat aangesien hy gevoel het dit is ongrondwetlike onderdrukking van sy godsdiens.

Dit bring my by Paul die seekat. Vir die wat nie daarvan weet nie daar is `n Duitsland `n seekat wat deurmiddel van kos uit `n boks met verskillende landsvlae met groot sekerheid die Duitse sokkerspan se uitslae voorspel insluitende die Uruguay vs Duitsland game. Uncanny is die woord. Hy het ook voorspel Spanje gaan wen vanaand. Ek hoop en bid Holland wen.

Die rede omdat ek so stel is dat as Spanje gaan wen die volgende scenario redelik moontlik is. Eerstens, gaan Paul beskou word as `n siener. Die World Cup is egter verby en daar is soveel ander vrae. Die vraag op almal se lippe is dat Paul die einde van die wêreld moet voorspel. Natuurlik gaan die seekat een of ander lukrake nommer kies en dan gaan mense daarin glo. As jy dink ek praat gemors dink net in watse oproer almal was oor die Mayan Calender en 2012. As mense in daai gemors kan glo sal mense verseker in `n seekat glo met `n 100% track record. As hy vandag reg voorspel dan sal hy heelwaarskynlik sy eie godsdienstige gevolg kry. Natuurlik dink jy hy lewe net vir drie jaar so dit is fine. My antwoord is dat Jesus al meer as 1900 nie meer (fisies) met ons is nie.  
Behalwe dat die Duitse span hulself gejinx het met Paul se self-fulfilling prophecies (selfs baie Duitse televisie programme is onderbreek om sy volgende voorspelling uit te saai). Ek neem nie die Duitsers te erg kwalik daarvoor nie. (In my eerste blogpost verwys ek na Clever Hans – die Duitse perd wat glo wiskunde kon doen). Die rede daarvoor is omdat hulle groot gemaak is met Grimm Brothers verhale met baie slim diere.

So as jy inherent Coen Brothers of Grimm Brothers stories gebruik om jou wêreldbeeld mee in te lig is my hande afgekap, maar my vraag bly staan het ons nog een of ander wacky godsdiens nodig? Go Kaaskoppe!! 

Gys haat deeltekens. Hy is ook nie `n meer `n groot ondersteuner van Jagerbombs nie.

p.s. Die eienaars van Paul se akwarium het my blog gelees en daar sal nie meer vrae gestel word aan Paul nie. En daar was `n gejubel.

No comments:

Post a Comment