
Nee, hy het nie besluit om die polo teken nog groter te maak op sy golfhemde nie. Daar is ook nie iets dickheaded soos playa, kinky, frisky, of dangerous in goud agter op die krae van die hemde geborduur nie. Hy het egter sekerlik die wêreld se mooiste motorversameling bymekaar gesit. Hierdie motors is nie net ongoddelik mooi nie. Hulle is ook uiters skaars. Die Bugatti Atlantic (regs), wat onder kenners as die mooiste kar ooit beskryf word, is slegs een uit drie van die modelle wat nog bestaan en een het onlangs vir meer as US$40 miljoen hande verruil.
Selfs al hou jy nie van motors nie is daar letterlik iets vir almal wat hou van goeie ontwerp en fotografie.
No comments:
Post a Comment