Sunday, May 2, 2010

Verlossing a la Slumdog



Heel uitasem daag ek toe by Aandklas, een van die menigte kuierplekke in Stellenbosch, op. Ek het `n boek tentoonstelling met onder andere Zapiro as spreker bygewoon en heeltemal vergeet van Quizaand. Ons quizspan mag dalk nog `n spitbraai en `n R5000 bar tab wen aan die einde van die quiz seisoen. Dalk `n bietjie nerdy, maar dit bied `n alternatief aan die res van Stellenbosch clublife en ek hou van in `n span operate. Dit was waar ek my oomblik van verlossing a la Slumdog ervaar het.

Om jou geheue te verfris, Slumdog Millionaire is gebaseer op die boek Q&A. Dit kom neer op `n Indiese seun wat uit `n stel tragiese episodes die regte antwoorde vir Who Wants to be a Millionaire put en natuurlik die meisie kry. Die hele storie agter Q&A is dat daar binne die slegte omstandighede dinge geleer kan word waarmee jy jou kan verlos daarvan.

My eie Slumdog oomblik is te danke aan een aand van moedeloosheid waaroor ek nog altyd so `n hol kol op my maag kry as ek daaraan dink. Op kosskool het ek baie naweke ingebly, veral in Std. 6. Met die ander veertienjariges wat ook te vêr van die huis af gebly het, het ek nie noodwendig te veel in gemeen gehad nie. Naweke was maar `n depressiewe tyd. Jy mag nie eintlik gaan waarheen jy wil nie, maar na die Saterdag se sport is daar ook nie te veel om die tyd mee te verwyl nie. Daar was wel `n uitweg aangesien die diensdoende personeel die moeite gedoen het om ons Tygervallei toe te vat vir `n fliek.

Ek weet nie van jou nie, maar winkelsentrums was nog nooit my idee van `n goeie tyd nie. Die kapitalistiese tempels is soos `n modern house of horrors wat daarop ingestel is om geld uit jou sak uit te neem instede daarvan om jou die skrik op die lyf te jaag. Die gange wat kinkel reg na die ingang is bedoel om met jou natuurlike soeke na landmerke te speel. In stede daarvan om van landmerke gebruik te maak om te navigate moet jy nou van winkels se name gebruik maak om jou pad te vind. Op daai manier moet jy die heeltyd bewus bly van die winkels. Dit en die harde musiek is net `n paar van die legio planne wat winkelsentrums het om jou `n impulse buy te laat maak. Dit en my plattelandse agtergrond maak dit baie moeilik om te ontspan in daai goed.      
 
Ek betree toe willens en wetens daai milieu om X-Men te gaan kyk. Al klaar krapperig kom ek toe agter dat my Coke geen stroop in het nie. Dit was skoon sodawater. Wat my so erg daarvan frustreer het, is nie die smaak nie, maar dat ek te pissie was om vir die ou agter die toonbank daarvan te vertel en aan te dring op dit wat my toekom nie. Om by my teleurstelling by te voeg probeer ek mos na die fliek met die trapreëling af te gly en skeer `n nuwe hemp, wat ek geskenk gekry, het heeltemal aan flarde. Op daai oomblik was dit ook nie nodig dat almal wat saamgegaaan het vir my moet uitlag nie. Major loss of face onder die peteurgroep daar! Natuurlik is dit nie so erg as om amper jou oë te verloor of wanneer jou broer jou true love met `n pistool afrokkel nie. Dit is wel een van daai ware lewensdrama oomblikke waar jy net uit pure gatvolgheid jou wil bejammer vir `n wyle.  

Hoe ek uiteindelik verlos is uit die frustrasie wat dit skep as ek selfs nou terugdink aan daai aand was ook deur middel van `n antwoord op `n vraag. Die vraag was: In watter jaar het die eerste X-Men uitgekom? Die antwoord was toe bloot `n eenvoudige optelsom: 1986 (my geboortejaar) + 14=2000. Gedeeltelik te danke daaraan het ons gesamentlik tweede gekom en `n R200 bar tab gewen. Alhoewel elke spanlid slegs `n Black Label en `n draught uit die 2de plek gekry het was die genoegdoening wat daarmee saam gegaan het baie lekkerder as daai fokken sodawater!

Gys hoop Riversdal en Albertinia se mense hou van ons goeters en is baie trots op die naweek se internasionale deurbraak.Verder wil ook net stel dat as `n vulkaan wat `n wolk bo Heathrow gebruik word in `n storie sou mense gedink het dit is ietwat onrealisties.



1 comment:

  1. LEKKER GYSBERT!!! Die mense in riversdal en albertinia like jou goeters! Ek hoop jul vat die 1`ste plek by quiz want ek like `n stukkie spit!!! laat dit juig!!!

    ReplyDelete