Tuesday, May 11, 2010

Die Engelse Onderwyser se Nalatenskap

My oupa was `n onderwyser by Queenstown se verbeteringskool. Met verbeteringskool praat ek nie nou van `n skool wat bestaan  omdat boetie eintlik goed is met sy hande nie. Ek praat nou van `n verbeteringkool vir kinders wat uit ernstige verkeerde omstandighede kom. My oupa het egter slegs drie stories oorvertel van sy tyd daar as motor mech onnie en koshuisvader. Die een was waar hy die kinders wat hy die vorige week gevang het vir dagga groei in hulle koshuiskamer se plafon moes hospitaal toe moes nie. Die rede daarvoor is omdat hulle aanbeweeg het nadat hulle oes verwoes is na die sogenaamde malpitte (`n gevaarlike dwelmmiddel wat snaaks genoeg langs die pad groei in die grootste gedeelte van Suid-Afrika)toe. Teen die tyd dat hy by hulle opgedaag het was hulle bo hulle kaste asgevolg van spinnekoppe wat besig was om oor hulle te klim. Daar was nie `n spinnekop nie en hulle moes hospitaal toe gaan om hulle mae te laat uitspoel.

Die ander storie wat die vorige een se spieëlbeeld was met betrekking tot die emosie wat dit uit hom gelok het was sy rugbyspan. Daar is so foto van hom en my pa met identiese gehekelde truitjies (`n geskenk van `n dankbare ma) by die rugbyspan. Hulle was `n regte deurmekaarspul wat my laat dink het aan die Mighty Ducks of iets soortgelyks. Kyk, daar was die ontstuitbare vleuel wat `n drie kon druk uit enige situasie. Dit was net jammer hy was so bysiende jy moes die bal in sy hande sit vir hom om die drie te druk. Ek kan slegs die vleuel se storie onthou maar elke spanlid het `n soortgelyke storie gehad.

Die derde storie het ek egter by my pa gehoor. My oupa moes eens op `n tyd `n rygeleentheid by die skool se Engelse onderwyser gekry het. Hierdie Engelse onderwyser was getroud met en vrou genaamd Jane, sonder kinders en het een van daai swart knopgat karre gery. Die Engelse onderwyser het sulke hoogdrawende Engels gepraat met`n aksent soos wat jy jou sou indink die koningin se wagte sou gebruik as hulle ooit gepraat het of die aksent wat jy nodig het om rêrig old lang syne  uit die bors mee te kan sing.  

Die Engelse onderwyser het egter baie gehou van kos en Aunt Jane het seker gemaak dat daar altyd genoeg proviant in die onmiddelike omgewing was. Tydens die reis was daar `n hele koek en `n hele brood se toebroodjies. Soos die Engelse onderwyser bestuur het, het hy kort-kort en om die beurt die volgende gevra : Jane, would you pass me another sandwhich/piece of cake please?  Teen die tyd dat hulle by `n nabyliggende dorp gestop het was die koek en die toebroodjies op.

Hierdie minder verstommende storie het my egter geskok.  Die rede daarvoor is nie die hoeveelheid kos wat hy geëet het nie, maar die feit dat dit sy enigste nalantenskap was. As jy die wiskunde doen sal jy agter kom dat my oupa naby aan negentig sou wees. Die Engelse onderwyser het nie kinders gehad nie en enige van sy petuurs is heel waarskynlik al oorlede. Die storie van die vet Engelse onderwyser is dus sy laaste nalatenskap, nie ek of my pa kan sy eers sy naam onthou nie. Toe dit op my neerdaal was ek ietwat omgekrap vir die ouman se part. Ek moet bieg as ek dalk paaie sou kruis met die ander groot Engelse uitvoerproduk, Gin, dan mag ek self `n traan gepik het.

Dit het toe egter tot my deurgedring. Die Engelse onderwyser was `n onderwyser. Sekerlik die enigste beroep waar jou invloed jou lewensduur oorskry aangesien jy jong lewens ten goede of ten kwade beïnvloed. Opeens voel ek toe nie so jammer vir ons vet oorleë Engelsman nie. Alhoewel daar nooit enige blomme op sy graf gesit sal word nie weet iemand asgevolg van sy toedoen dat dit  an apple sowel as an hour is. Ek dra dus hierdie blog toe aan alle onderwysers wat `n invloed op my lewe gehad het. Ten goede of ten kwade – julle behoort te weet wie julle is.

Gys is super stoked oor die uitnodiging van die Duitse regering en wonder oor die nuwe gier om met jou hond in kuierplekke rond te loop – WTF?

1 comment:

  1. Nice Gysbert! Seker daarvan oupa G was 'n legende!XOXO

    ReplyDelete