Thursday, May 6, 2010

Regop staan, praat en waarom `n Neelsie-koffie no laughing matter is nie

Dit is terselfdetyd winter en eksamen in Stellenbosch. Dit is sekerlik die beste voorbeeld van natuur in simpatie in my verwysingsraamwerk. Natuur in simpatie is `n storiemeganisme waar die weer lyk asof dit die swaar gemoedstoestand waardeur die karakter gaan weerspieël. Daar is dus min flieks of stories waar die ou se  `n favourite favourite`n idioot vry tydens Riebeeck-Wes Olyffees of sy ma die emmer skop terwyl die weer bes gepaard gaan met witwyn drink op die stoep. Hierdie deel van die verhaal moet gepaard gaan met reën, koue, wind en veral nat sokkies.


In Stellenbosh is dit ook geensins anders nie. Dit is die swart en wit van die handboeke wat meng om die grysheid te vorm wat oor almal se gemoed neerdaal. Vandag in die Neelsie was dit moeilik om `n gesig te sien met `n glimlag op. Dit is asof `n kombinsie van seasonally affected disorder (SAD, not to be confused with sexually ambigious dudes soos Jarryd Leto) en eksamenangs mense se gesigte in permanente ID-foto-formaat hou. Dit is tragies om te beleef, maar wat erger was, was die gebrek aan enige iemand wat lag.


Die ou uitdrukking laughter is the best medicine is die waarheid. Almal weet om te lag is goed vir jou, maar as `n persoon wat die doel agter goeters probeer sien wil ek weet wat die punt is en hoe dit tot stand gekom het. Die antwoord is meer ineengeweef met die menslike liggaam, spraak en selfbewussyn as wat jy jou mag indink.


In die Laughter, Tickling and the Evolution of Speech and Self voer Provine aan dat ons nie geneig is om enige vorm van navraag te doen oor lag nie aangesien dit so algemeen is. Lag is eerstens `n sosiale aktiwiteit. Lag is ook nie uniek aan die mensdom nie. `n Vorm van uitdrukking baie naby aan lag vind plaas wanneer van ons slimmer aap-vriende hulself in `n speelsituasie bevind. Daar is egter `n wesentlike verskil. Sjimpanzees  kan slegs een geluid per asemteug uitkry. Die mens is egter weereens beter bedeeld in daai opsig en kan meermale ha-ha per asemteug. Die rede daarvoor is omdat ons kan regop staan ons bolywe se beweging onafhanklik is van ons arms se beweging. Dit laat ons toe om ons asemhaling te beheer. Hierdie is deel van die rede waarom ons koherente geluide kan maak oftewel praat.


Die lag wat gepaard gaan as jy gekielie word is ook baie belangrik om die onderskeid te maak tussen jouself en ander. Aangesien jy nie jou kan kielie nie en dit spraak voorafgaan is kielie en lag die mees eenvoudige vorm van sosiale interaksie. Daar word aangevoer dat dit die eerste vorm is van sosiale interaksie en dus die eerste bewusmaking is van `n onderskeid tussen jy en `n ander.          


So as jy volgende keer lag dink aan hoe ineengevleg dit is met so te sê alles van jou bestaan. As jy nie wil nie dan mag jy in elk geval net iemand genaamd Gys se Neelsie-koffiepouse minder depressing maak.



Gys sien uit na vanaand se quiz. Hy twyfel ook of die oorskakeling van 21st-seisoen na trou-seisoen `n wesentlike verskil in enige iets gaan maak nie.

1 comment:

  1. Die eksamen angs het my defintief in sy kloue en gaan my eers oor 3weke los laat, SO..oor dRie weke gaan ek lag-dat-die-kak-spat maar tot dan iS ek maar in vanilla-face ID foto formaat!

    ReplyDelete